Die Andre Rieu-konsert in Kaapstad

Mei 5, 2010 in Sonder kategorie

‘n Paar indrukke:

Doen moeite om die Kentucky by Dolphin Beach in Bloubergstrand te gaan besoek. Selde het ek ‘n plek gevind wat slaptjips so suksesvol en met toewyding sleg kan laat smaak. Dit was duidelik met sorg verouder, gebrei, uitgedroog, afgekoel en verskeie kere herverhit. Ek kon nie ‘n boemelaar of seemeeu vind wat belangstel nie – duidelik goed bekend met die produk.

Vreemd genoeg is die werkers heel beskeie oor die prestasie en weier selfs om hulle bestuurder te roep om die eer te deel.

Bloubergstrand:

Julle behoort julle te skaam. Julle behoort ekstra belasting te betaal. Stel jou voor – ‘n rooi westerhemel, lui skepe op die rooi water, ‘n Tafelberg, gespikkel met eerste aandliggies wat rooi gloei op links…

Dis wat jy sommer enige aand daar gratis kan kry! Ek het hier in die Baai darem ‘n seelug, maar hoe kan ‘n mens in Gauteng wil bly?

Die bestuurders:

Waar anders in die land kry jy ‘n ou wrak wat die regterbaan volstrek okkupeer teen 60 km/h? En Maserati’s en Ferrari’s en Metropolisie wat geluidloos tussen alles deur koesister?

Die konsert:

Gelukkig is rook verbode in die gebou. Daar is soveel bejaardes by die konsert – as ‘n vuurhoutjie in al daardie metaangas aangesteek sou word, het ons twee Vredefortkoepels in die land.

En stroef! So nou en dan het die kamera oor die gehoor gevee en so ‘n beneukte spul het jy lanklaas gesien.

Maar, ja, die konsert was alles wat ‘n mens wou verwag. Dieselfde ryk, soet melodieë en dieselfde grappies. Kan dit wees dat ek die DVD’s al te veel keer gekyk het?

Het darem hier by die einde rond Sarie Marais met volle oorgawe tussen my Ingelse bure uit ‘n verkouekeel gewurg. Vermoed hulle dink nou nog minder van Die Afrikaner.

Stellenbosch:

Beny julle weereens. ‘n Brekfis op ‘n herfsoggend in ‘n straatkafee langs Dorpstraat, reusagtige groen berge en spierwit wolkies. So bly ek kon my kinders soontoe stuur. So amper spyt ek was op Tuks.

So amper bly om terug te wees by die werk…

32 antwoorde op Die Andre Rieu-konsert in Kaapstad

  1. net myself het gesê op Mei 5, 2010

    die kaap en stellenbosch specifiek is awesome, mag ek vir ewig hier mag bly.

    is ek die enigste mens wat vir andre rieu bietjie creepy vind??

  2. Janklaas het gesê op Mei 5, 2010

    Ag issie. Ons is net nie styl gewoond nie. 🙂

  3. Janklaas het gesê op Mei 5, 2010

    Sover gaan dit orraait. Baas nog nie een keer vies vir my nie. Seker verlig ek is terug om al daai vraestelle na te sien later.

  4. Janklaas het gesê op Mei 5, 2010

    Ek ken daai ding. Vaaldriehoek-jaloesie. Was self daar. 🙂

  5. Janklaas het gesê op Mei 5, 2010

    Ja, ek het self meer op die skerm gekyk. Bra bederf deur hom net op DVD te sien!

    Die R1000 was darem so taamlik die atmosfeer werd.

  6. Janklaas het gesê op Mei 5, 2010

    Ja dankie! Ek het my tjips gehad.

  7. Janklaas het gesê op Mei 5, 2010

    Dis waar. Ek dink die arme plekkie is heeltemal oorbelaai.

    Miskien moet hulle nog ‘n verdieping aanbou!

  8. katrina het gesê op Mei 5, 2010

    Lyk my dit was ‘n trippie vol gemengde gevoelens 🙂

  9. DroomKind het gesê op Mei 5, 2010

    Die vriende en familie wat die konsert in die Son Stad gaan kyk het het dit geweldig geniet. Dalk ‘n pluimpie vir die Noordelike bewonderaars?

  10. Janklaas het gesê op Mei 5, 2010

    My familie sê ook so. Dalk is jy reg!

  11. Janklaas het gesê op Mei 5, 2010

    Gemiddeld darem baie lekker. Behalwe die tjips.

  12. Janklaas het gesê op Mei 5, 2010

    Sies. Jy speel vuil. 😉

  13. Janklaas het gesê op Mei 5, 2010

    Soos ek sê, oor die geheel was dit darem nog lekker. Maar toe nie heeltemal so lekker as wat ek gehoop het nie.

  14. pinkpolkadot het gesê op Mei 5, 2010

    Ag neeee man…die Kentucky is in dieselfde blok as waarin ek woon…. skuins oorkant Dolphin beach hotel…en alhoewel BG mal is oor Kentucky waag ons dit nie om daar te gaan koop nie…jy moet letterlik elke pakkie oopmaak en seker maak dat hulle vir jou die regte hoeveelheid hoender, chips…of wat ookal gegee het…. kla ook maar, dit help glad nie!!…

    In die baai het julle Friends Coffee shop…geniet!

  15. pinkpolkadot het gesê op Mei 5, 2010

    O, ja ek wou ook graag na die konsert gaan kyk, maar die prys van die kaartjies was heeltemal buitensporig hoog!!

  16. Janklaas het gesê op Mei 5, 2010

    So, ek kon eerder een van jou lekker disse gaan proe het! Volgende keer laat ek jou weet as ek kom.

  17. Janklaas het gesê op Mei 5, 2010

    Is so, maar ek gaan na so min konserte toe dat ek hier maar oë toegeknyp het. Dis nie asof ek so danig ryk is nie. En op die einde was dit die moeite werd.

    Behalwe die tjips.

  18. pasella het gesê op Mei 5, 2010

    Nou was dit ou Andre Rieu se musiek wat die oues van dae so metaangasserig gemaak het?

  19. Janklaas het gesê op Mei 5, 2010

    Dit kom maar met die territory, bru. Het jy al gesien hoe groen is die gras om ‘n aftreeoord?

  20. Janklaas het gesê op Mei 5, 2010

    Ek laaik Friends.

  21. net myself het gesê op Mei 6, 2010

    ek sekondeer daai voorstel! dis amper minder moeite om Stellenbosch toe te stap, net sodat mens nie hoef parkering soek nie. amper.

  22. net myself het gesê op Mei 6, 2010

    ah murphy, dankie tog, ek het geweet ek kan nie die enigste een wees nie.

  23. Trakie het gesê op Mei 6, 2010

    In Stellenbosch se Dros het ek elke krieseltjie van die heerlikste lippe-aflek fish platter geëet – slaptjips en al. Finger-lickin’ good.

  24. Janklaas het gesê op Mei 6, 2010

    Gmf. Jongmense…!

  25. Janklaas het gesê op Mei 6, 2010

    Dankie! Volgende keer. Nou weet ek waar my seun se sakgeld altyd heen gegaan het.

    En sies. Nou’s ek skoon honger.

  26. Sanseveria het gesê op Mei 6, 2010

    Hallo daar, Janklaas! Ek maak nie veel kontak nie maar ek lees jou so gereeld soos klokslag en ek geniet al jou inskrywings omdat dit so eerlik is. Foeitog, dalk was die oues stroef oor die R1000,00. Hulle sê mos hoe hoe ouer jy word hoe suiniger word mens. Ek wou saam met my ma gaan, maar R2000,00 is darem erg as daar geen waarborge is vir die genietingsvlak nie. Gister het iemand iets baie neerhalend oor die konsert hier in die Beeld gepubliseer. En ek is steeds seergemaak oor jou Gauteng-opmerking.

  27. Janklaas het gesê op Mei 6, 2010

    Skuus oor die Gauteng-ding. Dis maar ‘n eie opinie, nadat ek die alternatiewe self beleef het. En, soos voorheen geskryf, het die plek ook sy eie mooie.

    Ek glo nie mens kan sinies wees oor die konsert as jy weet waarvoor jy jou inlaat nie. Die man is ‘n fenomeen – hy het dit reggekry om konvensionele musiek op so ‘n warm en entertaining wyse aan te pak dat dit jou moet meesleur. As dit nie jou ding is nie, bly dan bloot weg, voel ek.

    Ek het miskien net al ‘n bietjie ‘n oordosis daarvan gehad. My eie skuld.

  28. Berwick het gesê op Mei 6, 2010

    Ja-nee. Daar’s niks so doeltreffend soos ‘n plek wat swak diens tot ‘n kuns vervolmaak nie.

  29. Janklaas het gesê op Mei 6, 2010

    Raak gesê.

  30. FOXY1975 het gesê op Mei 7, 2010

    Mmm… lees nou jou ‘resensie’ en is eintlik bly ek het nie êrens nog ‘n geldjie of 3 uit my arme onderstebo budget probeer wurg om tog te gaan nie! Ek sal maar ‘n plan maak en ‘n DVD gaan koop!

    Jammer jou ‘kos-ondervinding was so sleg! Hoop jy’t darem ‘n paar vriendelik mense raakgeloop wat die sleg so bietjie kon verdryf!

  31. Janklaas het gesê op Mei 8, 2010

    Ja, gelukkig by dierbare ou vrinne gekuier.

  32. Janklaas het gesê op Junie 27, 2010

    Hallo, Maankind. Dankie vir die inloer!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.