Oorbluf
April 28, 2010 in Sonder kategorie
Soos die hen wat deur ‘n Volla raakgery is. Sy rig haar toe eina-eina op en sê: “Hy is vinnig, maar hy het niks reggekry nie…”
So is my vraestelle ook so pas uiteindelik opgestel. En nou is ek ‘n vry mens. Die heelal is weer op sy plek en voëltjies sing.
Nog eintlik te syfers-bedonderd om behoorlik te kan blog, maar ek het dit heeltemal te veel gemis.
Die res van die week gaan ek laag lê en my geestelik voorberei om die Koninkryk van Kaapstad binne te val. Sondag gaan ons André Rieu kyk (ja, lag maar, julle snobs). Vrydag vertrek ek vroeg en sal waarskynlik die hele oggend verwaal-verdwaal rondry totdat vroulief ook die namiddag opdaag. Soek nog na ‘n manier om die oggend ‘akademies’ in te klee sodat dit na werk klink. Sal seker oor UWK, Maties of UCT se kampus gaan jaag. Iemand vir koffie?
Ek sal more weer my rondtes begin doen op julle heerlike blogwerwe.
loudavisi het gesê op April 28, 2010
Ek ken die gevoel as alle take netjies geprint en gestapel is, of as ek die laaste een nagesien het.
Geniet die naweek en kom vertel.
Doubtingthomas het gesê op April 28, 2010
Kry vir jou ‘n GPS!
🙂
monicahaddad het gesê op April 28, 2010
Jy kan kom somme maak in McGregor en kyk of daar rerig 50 kunstenaars is by ons fees 😉
ludwig.heuer het gesê op April 28, 2010
Klink lekker om so rod te rits …
skophulmaai het gesê op April 28, 2010
djirre ek is djaloers……myne nog nie eers begin opstel nie! eish….
peterphilips het gesê op April 28, 2010
Jene, maar dit is lekker om afgetree te wees. Agt jaar gelede laas n eksamen opgestel!
Janklaas het gesê op April 28, 2010
Ja, snaaks, vanoggend voel ek heelwat meer bedruk. En kopseer.
Janklaas het gesê op April 28, 2010
Tja, die nasien lê nog voor, maar dis einde Mei se worries.
Janklaas het gesê op April 28, 2010
Ja raait. My GPS raak in PE verdwaald!
Janklaas het gesê op April 28, 2010
Ek dink dit sou nog ‘n lekkerder opsie gewees het!
Janklaas het gesê op April 28, 2010
Dit is nogal. Die tuinroete is ‘n lushof na die klein droogte gebreek is.
Janklaas het gesê op April 28, 2010
Hallo EM! Long time no see…
Janklaas het gesê op April 28, 2010
Ja, die vryheid is bra oorweldigend. Verkoue spoil dit effens.
Janklaas het gesê op April 28, 2010
He he he… (honend)
Janklaas het gesê op April 28, 2010
Sies.
Jy sal nie glo hoe ek jou beny nie.
Trakie het gesê op April 28, 2010
Geniet dit!
(Sterkte met die spoilsport van ‘n verkoue).
Janklaas het gesê op April 28, 2010
Baie dankie, ek sal! Hoop nie ek nies te veel nie…
veralda het gesê op April 28, 2010
ek is seker die mense kyk op langebaan of blouberg se strand is akademies
Janklaas het gesê op April 28, 2010
Ek waardeer die diepe insig van ervare mense.
Janklaas het gesê op April 29, 2010
Ek kan natuurlik sê dit is ‘n Sosiologie-kongres…
pinkpolkadot het gesê op April 29, 2010
Ek is jaloers – sou graag wou gaan kyk – geniet dit!!
dinkweer het gesê op April 30, 2010
Geniet dit hier in die Kaap! Andre Rieu het nou wel ‘n effense onortodokse manier van musiek aandbied, maar ‘n mens kan hom tog geniet!
Berwick het gesê op Mei 3, 2010
Goed gaan, Jan Klaas.
Janklaas het gesê op Mei 5, 2010
Volgende keer gaan ek julle daar opsoek.