Oorbluf

April 28, 2010 in Sonder kategorie

Soos die hen wat deur ‘n Volla raakgery is. Sy rig haar toe eina-eina op en sê: “Hy is vinnig, maar hy het niks reggekry nie…”

So is my vraestelle ook so pas uiteindelik opgestel. En nou is ek ‘n vry mens. Die heelal is weer op sy plek en voëltjies sing.

Nog eintlik te syfers-bedonderd om behoorlik te kan blog, maar ek het dit heeltemal te veel gemis.

Die res van die week gaan ek laag lê en my geestelik voorberei om die Koninkryk van Kaapstad binne te val. Sondag gaan ons André Rieu kyk (ja, lag maar, julle snobs). Vrydag vertrek ek vroeg en sal waarskynlik die hele oggend verwaal-verdwaal rondry totdat vroulief ook die namiddag opdaag. Soek nog na ‘n manier om die oggend ‘akademies’ in te klee sodat dit na werk klink. Sal seker oor UWK, Maties of UCT se kampus gaan jaag. Iemand vir koffie?

Ek sal more weer my rondtes begin doen op julle heerlike blogwerwe.

24 antwoorde op Oorbluf

  1. loudavisi het gesê op April 28, 2010

    Ek ken die gevoel as alle take netjies geprint en gestapel is, of as ek die laaste een nagesien het.

    Geniet die naweek en kom vertel.

  2. Kry vir jou ‘n GPS!
    🙂

  3. Jy kan kom somme maak in McGregor en kyk of daar rerig 50 kunstenaars is by ons fees 😉

  4. Klink lekker om so rod te rits …

  5. djirre ek is djaloers……myne nog nie eers begin opstel nie! eish….

  6. Jene, maar dit is lekker om afgetree te wees. Agt jaar gelede laas n eksamen opgestel!

  7. Janklaas het gesê op April 28, 2010

    Ja, snaaks, vanoggend voel ek heelwat meer bedruk. En kopseer.

  8. Janklaas het gesê op April 28, 2010

    Tja, die nasien lê nog voor, maar dis einde Mei se worries.

  9. Janklaas het gesê op April 28, 2010

    Ja raait. My GPS raak in PE verdwaald!

  10. Janklaas het gesê op April 28, 2010

    Ek dink dit sou nog ‘n lekkerder opsie gewees het!

  11. Janklaas het gesê op April 28, 2010

    Dit is nogal. Die tuinroete is ‘n lushof na die klein droogte gebreek is.

  12. Janklaas het gesê op April 28, 2010

    Hallo EM! Long time no see…

  13. Janklaas het gesê op April 28, 2010

    Ja, die vryheid is bra oorweldigend. Verkoue spoil dit effens.

  14. Janklaas het gesê op April 28, 2010

    He he he… (honend)

  15. Janklaas het gesê op April 28, 2010

    Sies.

    Jy sal nie glo hoe ek jou beny nie.

  16. Trakie het gesê op April 28, 2010

    Geniet dit!

    (Sterkte met die spoilsport van ‘n verkoue).

  17. Janklaas het gesê op April 28, 2010

    Baie dankie, ek sal! Hoop nie ek nies te veel nie…

  18. veralda het gesê op April 28, 2010

    ek is seker die mense kyk op langebaan of blouberg se strand is akademies

  19. Janklaas het gesê op April 28, 2010

    Ek waardeer die diepe insig van ervare mense.

  20. Janklaas het gesê op April 29, 2010

    Ek kan natuurlik sê dit is ‘n Sosiologie-kongres…

  21. Ek is jaloers – sou graag wou gaan kyk – geniet dit!!

  22. dinkweer het gesê op April 30, 2010

    Geniet dit hier in die Kaap! Andre Rieu het nou wel ‘n effense onortodokse manier van musiek aandbied, maar ‘n mens kan hom tog geniet!

  23. Berwick het gesê op Mei 3, 2010

    Goed gaan, Jan Klaas.

  24. Janklaas het gesê op Mei 5, 2010

    Volgende keer gaan ek julle daar opsoek.

Los ’n antwoord vir dinkweer. Kanselleer antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.