Pa purr
April 22, 2010 in Sonder kategorie
So speel ons dogters met die harte van hulle vaad’re.
Nadat ek g’n maand laas hier op julle sagte skouers geweeklaag het oor die manne wat pieng-pong speel met die harte van my telge nie, skryf die einste voorheen benadeelde nou:
Hy’s ‘n rolls royce boyfriend of daai astin martin goete! so genuine soos ongepaarde sokkies, so dierbaar soos iemand wat spesiaal koekies bak en so opwindend soos op ‘n vliegmat sterre toe en terug!!! Hy bederf my skandelik!
So ewe.
Berwick het gesê op April 22, 2010
Voet in die hoek!
Janklaas het gesê op April 22, 2010
Ek sê jou…
Janklaas het gesê op April 22, 2010
Stem saam. Pale toe.
lindiew het gesê op April 22, 2010
Ons gaan nooit by bly met hulle nie – lol
Janklaas het gesê op April 22, 2010
Nice, né!
Janklaas het gesê op April 22, 2010
Nee sowaar. In die vervolg gaan ek elke gebeurtenis eers ‘n week laat mature.
Janklaas het gesê op April 22, 2010
🙂 Ou gesegde uit die sestigs. My poging om ook oppit te klink.
Janklaas het gesê op April 22, 2010
‘n ….. WAT?!!
Cute woord! Ek hoop dit beteken iets goederig.
FOXY1975 het gesê op April 22, 2010
Hi, hoop dit gaan vandag al hoe beter met jou!! Amper Vrydag!!!
x
Janklaas het gesê op April 22, 2010
Foxy, jy sal nie glo wat ek alles doen net om nie te moet werk nie!
Ek is eintlik so ‘n bietjie in die moeilikheid met laat indienings…
Janklaas het gesê op April 22, 2010
Dankie tog. Ek dag dit het iets met besny te doen…
eiewys-gekkigheid het gesê op April 22, 2010
he,he uiters skerp!
FOXY1975 het gesê op April 22, 2010
VASBYT!!
Maak gou klaar! Wat klaar is, is genadiglik klaar!
Janklaas het gesê op April 22, 2010
Daais woorde wat werk vir ander mense! Vanaand ‘n lekker sieng-song en kuier…
Janklaas het gesê op April 22, 2010
Wat is so blerrie snaaks? ;-(
(wisbs)
Janklaas het gesê op April 22, 2010
Spokie reken ek is ‘n knipmes.
FOXY1975 het gesê op April 22, 2010
Wat/waar sieng-song jy dan?
Ek sieng/song ook vanaand, ongelukkig moet die hele kroos saam want pa’s weg vir werk… so ek skat kleinste Foxy gaan weer vir ons ‘n hele paar ‘eie inleidings’ speel op die klawers! LOL… geniet dit!!!
eiewys-gekkigheid het gesê op April 22, 2010
Een van daai wat die arm hare so ongesiens af sny, ja dis skerp ou knipmes.
Janklaas het gesê op April 22, 2010
Ons het so ‘n groep wat lief is vir sing, dan ontmoet ons elke maand. Al die ou favourite liedjies. Baie kitare.
Janklaas het gesê op April 22, 2010
Die mes is, soos Abba gesê het:”ietwat verweerd, but dignified…”
FOXY1975 het gesê op April 22, 2010
Klink my ek moet bietjie kom kuier in jou kontrei!
Geniet dit! Musiek voed die siel!
lisabeth het gesê op April 22, 2010
Ek’s bly jy is oppit en nie tappit (het ek dit nou reg DN?)nie…
Dink jou hart se punt het ‘n streep gevleuelde woorde in haar gene…
dinkweer het gesê op April 22, 2010
Ja, Jan Klaas, so loop dinge maar. Die een dag af en die ander dag op…
Janklaas het gesê op April 23, 2010
Lyk my ook die klein voëltjie het ‘n goue tong!
Janklaas het gesê op April 23, 2010
Turns out dit is dieselfde ou! Hy was net voorheen te skaam om sy ware gevoelens te wys, toe dag sy hy speel met haar. C’est la vie…
Janklaas het gesê op April 23, 2010
…en daar lê die ding. In die proses wipplank die ouers saam!
lisabeth het gesê op April 24, 2010
Jan Klaas waarom pos jy nie op ‘n Woensdag nie?
FOXY1975 het gesê op April 26, 2010
Hi, wonder sommer of julle lekker gesing en gekuier het! Hoop jy’t ‘n heerlike naweek gehad en geniet more se ou blaaskansie!
Janklaas het gesê op April 27, 2010
Lyk my dit is!
Janklaas het gesê op April 27, 2010
Ek is nou regtig in die tjips oor die vraestelle.
Janklaas het gesê op April 27, 2010
Ons was die naweek op die eiland in Knysna. Het ek tog maar liewer gewerk!
lisabeth het gesê op April 27, 2010
Ek glimlag vir jou – sterkte!
Janklaas het gesê op April 27, 2010
Dankie! Vannag is dit deurnag.
FOXY1975 het gesê op April 28, 2010
Ai toggie – dit klink nie goed nie! Of die kuier was nie lekker nie of die kuier was TE lekker.
Sterkte vir die res van die kort / lang week!
x
Janklaas het gesê op April 28, 2010
Ja, dit klink bra dubbelsinnig. Vir die rekord, dit was baie lekker. Te lekker.
x
FOXY1975 het gesê op April 28, 2010
Ek het nogal gehoop dat dit eerder laasgenoemde opsie was! 😀
Sterkte vir die res van die week hoor!
Janklaas het gesê op April 28, 2010
Sterkte vir jou ook. Dis gelukkig ‘n kort week en ek sien uit na die naweek.