Sundowner
April 16, 2010 in Sonder kategorie
Wanneer jy eendag na my reik
en ek, al vreemder na jou kyk;
Wanneer my brein wanhopig klou
aan dit wat hy onthou van jou –
neem my dan na ‘n hoë plek, met sterre
wat uitkyk op die stil Karoo
en groet my daar, en snuit
my olielampie saggies uit.
Want sonder julle koesterkyk
het wat ek is, al lank gewyk.
ludwig.heuer het gesê op April 16, 2010
Baie mooi gedig. Ek het nie geweet iemand is hierdie tyd nog wakker nie… Ek het jou geantwoord op my blog. Ek dink dit is Oos van Standerton of Suid-Oos.
Janklaas het gesê op April 16, 2010
My mense woon noord, langs die Leandra-pad. Ek het self ‘n ruk in Meyerville gewoon.
Kantelson het gesê op April 16, 2010
Mooi geskrewe Jan Klaas!
loudavisi het gesê op April 16, 2010
Sjoe, dis goed!
“snuit my olielampie saggies uit”
monicahaddad het gesê op April 16, 2010
Hierdie Jan Klaas raak ons almal…….
Janklaas het gesê op April 16, 2010
Ekokie.
Janklaas het gesê op April 16, 2010
Baie dankie, Kantelson!
Janklaas het gesê op April 16, 2010
Hallo, en baie dankie Lou.
Janklaas het gesê op April 16, 2010
Dis goed om te hoor, Monica. Hoop nie ek maak julle sêd nie. Mens skryf sulke goed in daai klein uurtjies van die nag.
Janklaas het gesê op April 16, 2010
…en iets waaroor ek al laaaankal dink.
Janklaas het gesê op April 16, 2010
En soms lyk my skryfsels so banaal as ek dit die volgende oggend weer raaklees.
ludwig.heuer het gesê op April 16, 2010
Baie mooi foto en die gedig … aai jaai jaaai …
Janklaas het gesê op April 16, 2010
🙂
Janklaas het gesê op April 16, 2010
Baie dankie, Ludwig!
Janklaas het gesê op April 16, 2010
Dankie Murphs!
Janklaas het gesê op April 16, 2010
Dankie Ghaap. Geneem op die kruin van die Ladyslipper-berg langs Port Elizabeth.
zephur het gesê op April 16, 2010
Verryk
zephur het gesê op April 16, 2010
Mooi Jan
pinkpolkadot het gesê op April 16, 2010
Uitstekend!! WOW!
Janklaas het gesê op April 17, 2010
Baie dankie, Zeppie.
Janklaas het gesê op April 17, 2010
Baie dankie vir die wow!
bloukaap het gesê op April 19, 2010
mal oor die foto
eiewys-gekkigheid het gesê op April 19, 2010
Baie mooi Janklaas!
Janklaas het gesê op April 19, 2010
Baie dankie, Tweeling.
Janklaas het gesê op April 19, 2010
Baie dankie, Kelly.
Berwick het gesê op April 22, 2010
Netjies!
Janklaas het gesê op April 27, 2010
Hei dankie, Berwick!
MJBadenhorst het gesê op November 11, 2010
Mooi gesien en mooi gesê
Janklaas het gesê op November 11, 2010
Sjoe dankie, Kletsgras. Ek moes nou gou self eers in die argiewe gaan kyk way het ek geskryf! Dit begin al klaar…