Sundowner

April 16, 2010 in Sonder kategorie

Wanneer jy eendag na my reik

en ek, al vreemder na jou kyk;

Wanneer my brein wanhopig klou

aan dit wat hy onthou van jou –

neem my dan na ‘n hoë plek, met sterre

wat uitkyk op die stil Karoo

en groet my daar, en snuit

my olielampie saggies uit.

Want sonder julle koesterkyk

het wat ek is, al lank gewyk.

29 antwoorde op Sundowner

  1. Baie mooi gedig. Ek het nie geweet iemand is hierdie tyd nog wakker nie… Ek het jou geantwoord op my blog. Ek dink dit is Oos van Standerton of Suid-Oos.

  2. Janklaas het gesê op April 16, 2010

    My mense woon noord, langs die Leandra-pad. Ek het self ‘n ruk in Meyerville gewoon.

  3. Kantelson het gesê op April 16, 2010

    Mooi geskrewe Jan Klaas!

  4. loudavisi het gesê op April 16, 2010

    Sjoe, dis goed!
    “snuit my olielampie saggies uit”

  5. Hierdie Jan Klaas raak ons almal…….

  6. Janklaas het gesê op April 16, 2010

    Ekokie.

  7. Janklaas het gesê op April 16, 2010

    Baie dankie, Kantelson!

  8. Janklaas het gesê op April 16, 2010

    Hallo, en baie dankie Lou.

  9. Janklaas het gesê op April 16, 2010

    Dis goed om te hoor, Monica. Hoop nie ek maak julle sêd nie. Mens skryf sulke goed in daai klein uurtjies van die nag.

  10. Janklaas het gesê op April 16, 2010

    …en iets waaroor ek al laaaankal dink.

  11. Janklaas het gesê op April 16, 2010

    En soms lyk my skryfsels so banaal as ek dit die volgende oggend weer raaklees.

  12. Baie mooi foto en die gedig … aai jaai jaaai …

  13. Janklaas het gesê op April 16, 2010

    🙂

  14. Janklaas het gesê op April 16, 2010

    Baie dankie, Ludwig!

  15. Janklaas het gesê op April 16, 2010

    Dankie Murphs!

  16. Janklaas het gesê op April 16, 2010

    Dankie Ghaap. Geneem op die kruin van die Ladyslipper-berg langs Port Elizabeth.

  17. zephur het gesê op April 16, 2010

    Verryk

  18. zephur het gesê op April 16, 2010

    Mooi Jan

  19. Uitstekend!! WOW!

  20. Janklaas het gesê op April 17, 2010

    Baie dankie, Zeppie.

  21. Janklaas het gesê op April 17, 2010

    Baie dankie vir die wow!

  22. bloukaap het gesê op April 19, 2010

    mal oor die foto

  23. Baie mooi Janklaas!

  24. Janklaas het gesê op April 19, 2010

    Baie dankie, Tweeling.

  25. Janklaas het gesê op April 19, 2010

    Baie dankie, Kelly.

  26. Berwick het gesê op April 22, 2010

    Netjies!

  27. Janklaas het gesê op April 27, 2010

    Hei dankie, Berwick!

  28. Mooi gesien en mooi gesê

  29. Sjoe dankie, Kletsgras. Ek moes nou gou self eers in die argiewe gaan kyk way het ek geskryf! Dit begin al klaar…

Los ’n antwoord vir zephur. Kanselleer antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.