Classy army
April 12, 2010 in Sonder kategorie
So pas gelees dat die Departement van Verdediging sowat R50 miljoen Rand aan ‘n vloot Mercedesse en ander luukse voertuie bestee het.
Nou, dit laat my sommer warm om die hart voel. ‘n Mens wil nie sien dat jou weermag, wat ‘n ander land binneval, verslons lyk nie. ‘n Mens sien te dikwels hierdie foto’s van brandmaer soldate met verslete klere wat oor loopgrawe spring, of argeloos lê en bloei – absoluut geen styl nie.
Ek meen, waar is ‘n nasie se trots? Besef hulle nie dat hierdie foto’s reg oor die wêreld geplaas word nie? Hoe kan ‘n man sy gesig in die hoogste raadsale van die wëreld wys, wetende dat daar beeldmateriaal van sy land uitgesaai word van soldate wat moet veg in ‘n klomp vuil, olierige krygstuig?
Nou kan ‘n mens uitsien na ‘n grasieuse intog van ‘n vloot swart siermotors, met flitsende blou ligte en luidende klankstelsels oor die snelweë van Angola en Mosambiek, gevolg deur jou gewone agteraf kontingent tenks en ander junk.
Viva, sê ek.
FOXY1975 het gesê op April 12, 2010
Hoe lekker lag ek nou! Jip – daar is nie ‘n prys op styl te plaas nie – is daar!
Mooi week!
skophulmaai het gesê op April 12, 2010
ag, ek is soms MAL oor sarkasme…….puik geskryf!
Doubtingthomas het gesê op April 12, 2010
Lekker, veral as dit met ander mense se geld gekoop word…
pasella het gesê op April 12, 2010
Ek stem saam. Die AWB het Behoeroebopoetatswana met faktap Mercedesse binnegeval en kyk nou net wat het gebeur!
shlwanjan het gesê op April 12, 2010
Ja-nee, en om ‘n tenk in ‘n township in te stuur, sal heeltemal te min “bling” hê.
Janklaas het gesê op April 12, 2010
Mooi week, Foxy!
Janklaas het gesê op April 12, 2010
Maak Nataniël hoof van die weermag.
Janklaas het gesê op April 12, 2010
Ek dag dis die waarheid! 🙂
Janklaas het gesê op April 12, 2010
Dis darem ‘n troos as daar mooi goed met my geld gekoop word… Styl is alles. :-}
Janklaas het gesê op April 12, 2010
Goeie revolusionêre taalgebruik.
Janklaas het gesê op April 12, 2010
Met boombokse.
Janklaas het gesê op April 12, 2010
Dis waar! Ek het skoon vergeet!
Janklaas het gesê op April 12, 2010
😉
Janklaas het gesê op April 12, 2010
Mens wil nie jou vyand moet op jou neersien nie.
HeavyHenry het gesê op April 12, 2010
Nice pos – en daars natuurlik nog ‘n voordeel – die massa geproduseerde mercs is goedkoper as daai spesiaal geboude tenks en rooikatte.
So dis goed om te sien die ouens spaar ons geld.
zephur het gesê op April 12, 2010
Al te oulik…ja waar is die dae van die Buffels en Samils. In styl doen hulle dit nou. Wonder of hulle op die dak ‘n LMG gaan opsit.
Janklaas het gesê op April 12, 2010
Baie konsidererend.
Janklaas het gesê op April 12, 2010
Solank dit genoeg gekleurde liggies of silwer op het.
MarianaF het gesê op April 12, 2010
Verskoon my, ek wil net gou gaan kots
Janklaas het gesê op April 12, 2010
Doen dit tog net asseblief in styl.
Janklaas het gesê op April 13, 2010
Ek kan dit nogal picture!
Janklaas het gesê op April 13, 2010
O ja, en die dae sal afgetel word, en daar is lofsangers vir die mouters…
Janklaas het gesê op April 13, 2010
Die drie wat oorbly…
net myself het gesê op April 14, 2010
dankie ek het nou so lekker gelag vir jou
dinkweer het gesê op April 14, 2010
Humor is al manier waarmme ‘n die soort ding kan verteer. Stel jou berig voor: RSA val land met vloot deftige Mercedesse in. Mercedes vloot val in vyand se hande terwyl tenks sonder ammunisie op die vlug slaan…
Janklaas het gesê op April 14, 2010
Sies. Ek is dan so ernstig!
Janklaas het gesê op April 14, 2010
Ek vermoed dis deel van hulle standaard-scenariobeplanning!
pinkpolkadot het gesê op April 15, 2010
LOL…snaaks…!
Janklaas het gesê op April 16, 2010
Hallo daar!