My hart se punt

April 10, 2010 in Sonder kategorie

Kyk bietjie of hierdie soet weergawe van Una furtiva lacrima jou oë ook laat traan.

Vrees dan, want dan is jou hart soos myne bedraad.

En dankie, MP3 en Angelor, vir die verduideliking.

19 antwoorde op My hart se punt

  1. Janklaas het gesê op April 10, 2010

    Ek het Pavarotti se weergawe, maar hierdie een vat aan my hart.

    My aller-gunsteling operastuk is die Casta Diva, maar ek gaan vir seker jou voorstel opsoek.

  2. Janklaas het gesê op April 10, 2010

    Baie dankie, Tronkie. Luister bietjie hoe sing sy Going Home uit Lord of the Rings. So ‘n mooi vrou met so ‘n lekker diep stem.

    Ek gaan net-nou jou voorstel ook opsoek. Nou eers met die honde gaan stap langs die see. Lekker dag.

  3. Janklaas het gesê op April 10, 2010

    Lyk my selfs tussen bloggers dryf ‘n mens vanself nader aan die wat voel soos jyself.

    Ek wonder net hoeveel sulkes daar is wat ek nog al die maande misgekyk het!

  4. Janklaas het gesê op April 10, 2010

    Soort van geweet jy sal hier wees. Nice.

  5. Janklaas het gesê op April 10, 2010

    So bly jy is ook hier.

  6. Janklaas het gesê op April 10, 2010

    Ek het gaan luister. Ook ‘n pragtige,ryk stem, terwyl sy nogal hoë hoogtes ook kan bereik, soos in Ave Maria. Dankie.

  7. loudavisi het gesê op April 10, 2010

    Sjoe!
    En dan is sy nog mooi ook..

  8. Janklaas het gesê op April 10, 2010

    Ek het die plaat gaan opsoek. Dit is wel bitter mooi. Interessante assosiasies met Hannibal Lecter ook!

    Van Katherine Jenkins het ek Con te Partero en ‘n Italiaanse (?) I will always love you!

  9. Janklaas het gesê op April 10, 2010

    Jaaa! Ek wil haar in ‘n boksie langs my bed aanhou.

  10. Janklaas het gesê op April 11, 2010

    Baie mooi, so ‘n soort New Age chant! Hy’t ‘n entjie geloop van Tubular Bells af. Ek het ‘n lieflike opname van Requerdos de la Alhambra van hom.

    Ek het ‘n swak vir ‘n lied met passie, soos baie van oorle Laura Brannigan s’n. ‘n Goeie voorbeeld is Gianna Nannini se destydse “I Maschi”. Dis op Youtube, maar ek wil nie my blog nou al toeplak met links nie.

  11. Pragtig!

  12. Janklaas het gesê op April 11, 2010

    O ja. Dis ook vrek mooi. Stem saam.

  13. Janklaas het gesê op April 11, 2010

    Ek is bly jy sê so. Ek besef later dis eintlik onbillik om te oordeel op grond van musieksmaak, want die geesgenote wat ek wel het hou van ander musiek!

  14. Janklaas het gesê op April 11, 2010

    Ek het jou darem al lankal raakgesien! (staan jou viool nog in die gang?) Maar, toe het ek jou nog nie juis geken nie.

  15. Janklaas het gesê op April 12, 2010

    Ek onthou ek was nog half jaloers op die sexy musiekstaander.

  16. Ek sal baie lank en baie aanhoudend hierna kan luister……….

  17. Janklaas het gesê op April 12, 2010

    Nou gaan ons vir seker MacGregor toe kom!

    Die ander hier het ook jou foto’s gesien.

  18. lisabeth het gesê op April 15, 2010

    Hmm mooi!
    Wat beteken dit?

    Ek vrees nie, maar as jy weet watter sentimentele konneksies jy nou hier by my losgekrap het le jy laag…ek het dit uit genade geskrap. (So jy skuld my!)

  19. Janklaas het gesê op April 16, 2010

    Ja, ek wonder wat alles meehelp om ‘n mens se hartsmusiek te help uitsoek. Maar hierdie een klim sommer pens en pootjies in my hart in.

    Ek is so bly dis vir jou ook mooi.

Los ’n antwoord vir Janklaas. Kanselleer antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.