ETV en AWB
April 8, 2010 in Sonder kategorie
Ek merk op ek is nie die enigste wat vandag oor hierdie tema skryf nie, maar hier is ek nogtans.
Gisteraand het e-TV die onplesierige toneel vertoon van die AWB sekretaris se onderonsie met ‘n nuuskommentator en ‘n omroeper.
Nou. Ek hou nie van die AWB nie en ek het hulle nog altyd ‘n bietjie jammer gekry.
Maar, as iemand nie met ‘n stok kan aanvoel dat dit besonder swak oordeel is om ‘n vurige AWB-man in ‘n ateljee te gaan plaas teenoor ‘n pontifikerende swart vroutjie, wat boonop haar vinger in sy gesig swaai nie, is ek totaal van die wa af.
Om sake te kroon het die omroeper ook nog sy eiertjie tussenin te lê oor wat die AWB-man doen of sê, in wat al hoe meer na ‘n lokvalonderhoud lyk.
Waddehel het Oom André gedink toe hy die uitnodiging aanvaar het? Of, miskien het hy ‘n gebalanseerde onderhoud verwag waar elkeen toegelaat sou word om sy sê nugter te sê. Miskien nie.
In elk geval, geluk e-TV, julle het dit reggekry om die klein vuurtjie van hatigheid nog ‘n bietjie aan te blaas. As julle werklik groot was, sou julle die insig gehad het dat julle hier met vurige mense te doen het en die toneel liewer uitgeknip het, maar julle het verkies om dit ten volle in julle aandnuus uit te saai. Sodoende word die AWB en, by implikasie, die Afrikaner, selfs verder as ooit met die kwas van onverdraagsaamheid en haat gepleister, terwyl die eintlike aanstigter soos ‘n groot martelaar, met groot oë en ‘n soet glimlaggie die noodwendige uitkoms van die situasie geniet.
Foto: Enews via News24.
lindiew het gesê op April 8, 2010
Ja nee dit was swak joernalistiek!
rob15119 het gesê op April 8, 2010
EK kan nie meer met jou saamstem nie!!
Janklaas het gesê op April 8, 2010
Presies!
TheAfricanNewsferret het gesê op April 8, 2010
As iemand wat in die verlede gereeld in sulke onderhoude op radio en TV (binnelands en buitelands) was het ek net gelag. Geen onderhoud voerder wat sy/haar sout werd is sal op politieke gebied simpatiek wees nie. Die truuk is dat die persoon met wie die onderhoud gevoer word kalm moet bly wat die onderhoudvoerder natuurlik omkrap en hopelik van stryk kan bring – Visagie het met lof gedop. Dit was ‘n hoë profiel onderhoud en niks met rassisme of die Afrikaner te doen gehad nie – dit was oor politieke manifes en Visagie het nie net die AWB gefaal nie, maar by implikasie alle Afrikaners en die wit bevolking van Suid-Afrika ook. Soos die AWB is hy ‘n flop.
Janklaas het gesê op April 8, 2010
Dankie, Rob!
Neander het gesê op April 8, 2010
Die toneel is nou op Utube.
Jammer die manne was nie voorbereid nie, ek kan dit nie meer beklemtoon nie.
Janklaas het gesê op April 8, 2010
Presies my punt!
Janklaas het gesê op April 8, 2010
Twee karikature aan weerskante, en almal word geskets as behorende aan een van hierdie twee pole. Waar is die nugterheid? Beslis nie by etv nie.
Janklaas het gesê op April 8, 2010
Maar dis juis my punt. etv het vooraf geweet wat hulle innooi, en nou dans hulle triomfantelik op ruïnes. NATUURLIK sou ou André flop. So, sit ‘n ‘weerlose’ vroutjie teenoor hom.
Sies, etv.
Janklaas het gesê op April 8, 2010
Ek bly sê Die eintlike skuldige is etv.
Janklaas het gesê op April 8, 2010
Amen!
Janklaas het gesê op April 8, 2010
Net so.
Janklaas het gesê op April 8, 2010
Dis baie waar! Ou André mos die lokval sien kom het.
Janklaas het gesê op April 8, 2010
Ek wou self daar gaan inklim. “My” studio. Pffff…
Janklaas het gesê op April 8, 2010
Dit is die skade wat ek van praat. Almal het so ‘n smakie vanoggend, net die geur verskil.
Neffertiti het gesê op April 8, 2010
Nou net op 702 gehoor Malema, het ook in dieselfde lokval getrap as die AWB man. Hy het ook kwaad by die ateljee uitgestorm.
The plot thickens.
Janklaas het gesê op April 8, 2010
Ek het gehoor dit was nogal met ‘n BBC-omroeper. Ek dink etv sou hom ‘n effens makliker ride gegee het.
pasella het gesê op April 8, 2010
Seker wat eTV wou gehad het, siek sensasie.
Janklaas het gesê op April 8, 2010
ja. Ek is bietjie gewalg- ek het nogal op etv se nuus staatgemaak omdat die ander kanale s’n so eensydig was.
ingridw het gesê op April 8, 2010
Bekvol, ek stem absoluut saam jou en al die ander. Die E-news span het in my opinie, juis hierdie reaksie verwag, en dit daarom uitgelok. Wat ‘n jammerte is, is dat die AWB-oom daarvoor geval het. Dit is waar my groot probleem met “ons” volk inkom. Hulle wil altyd oorgaan in geweld. Ek lees vir die afgelope paar dae al die webblaaie van die koerante, en dit is skokwekkend om te sien hoe “ons” mense reageer. Meeste van die ouens se reaksies is aggressief. Enigeen wat waag om iets anders as “oorlog” voor te stel, word van liberalisme, kommunisme en as verraaiers uitgeskel. Hierdie ouens maak my bekommerd. Want ‘n dom mens is ‘n baie gevaarlike mens.
Doubtingthomas het gesê op April 8, 2010
eTV is ‘n kak stasie.
Janklaas het gesê op April 8, 2010
Is so. Geskep vir imbesiele wat 24 uur wil rofstoei kyk.
Janklaas het gesê op April 8, 2010
Iemand wat so oorlog predik is ‘n dwaas. Dis ‘n ding wat niemand wen nie.
Berwick het gesê op April 8, 2010
Jammer, maar ek kan nie sien dat hy “by implikasie alle Afrikaners en die wit bevolking van Suid-Afrika ook” gefaal het nie.
wynvdm het gesê op April 8, 2010
Die gebrek aan etiek in joernalistiek hou ‘n veel groter bedreiging vir ons land en sy mense in as 1000 malema’s en korupsie en misdaad saam!!!
SuperBoer het gesê op April 8, 2010
Ek’s ‘n boer, nie AWB nie, maar elke keer as een van die AWB’s ‘n wind los, druk ek eerste my neus toe. Ek ken baie boere(meer as die AWB) en ons is ver in die meerderheid en hou nie van dit wat hul kwytraak nie, bly ook nie almal in Vlentersdorp nie maar word deur die woordjie “BOER” en “AFRIKANER” gevange gehou deur die ANC en die AWB. Ons soek ‘n nuwe benaming!
Janklaas het gesê op April 8, 2010
Ja, daar kom ‘n ding. Hoewel hy, soos sy Mugabegod, hulle nie veel aan die buitewêreld steur nie.
Janklaas het gesê op April 8, 2010
Hulle het gelukkig nie kopiereg daarop nie. Ek is nog trots op daardie twee woorde.
Janklaas het gesê op April 8, 2010
Ek glo so. Ander het miskien ‘n gebrek aan goeie oordeel. Ou Debora is ook nie aldag vry te spreek nie, hoewel ek dink selfs sy sou hier dalk beter opgetree het.
Janklaas het gesê op April 8, 2010
Billikheidshalwe, soos Newsferret sê, is dit seker jou saak om ‘n stug of hardkoppige subjek bietjie uit te lok, maar dis ‘n ander ding as om hom te viktimiseer.
Janklaas het gesê op April 8, 2010
Nee, ek dink ‘n ou soos Malema is man-alleen in staat om groot, groot skade aan te rig tensy hy in die bek geruk word. En daarvoor is ANC-lede – om die een of ander rede, doodbang.
Janklaas het gesê op April 8, 2010
Groot gespot hier op Radio Algoa oor “Don’t touch me on my studio”.
Janklaas het gesê op April 8, 2010
Ek dink die ding begin bietjie backfire vir etv. Dit klink nou bloot belaglik.
Janklaas het gesê op April 8, 2010
Van dag 1 af. Sy probeer net te hard.
FOXY1975 het gesê op April 8, 2010
Sensasie verkoop! En ‘n swak onderhoud soos die een (ek het dit gelukkig/ongelukkig nie gesien nie) maak juis dat mense nou nog meer wil uitvind wat het hulle gemis… en verder wil ek myself nie meer op die hele onderwerp uitlaat nie – het klaar my sê, gesê in kommentaar by Die Burger.
Mooi aand!
(O ja – ek sal nog bd terug antwoord hoor)
pinkpolkadot het gesê op April 8, 2010
Sjoe, het jy vanaand se onderhoud met Malema gesien. toe hy hy die BBC joernalis verjaag het?… scary!!…ek sweer ek kan nie glo dat hy (veronderstel is om) ‘n grootmens is nie…miskien verdien hy dit om die leier van die jeugliga te wees?
TheAfricanNewsferret het gesê op April 9, 2010
Jy moes maar net die buitelandse media ook gevolg het, hulle het ‘n hardloop dag in ‘n groot veld gehad. Maar nou ja ons kan nie die horlosie terug draai nie, ons moet net positief vorentoe gaan.
Janklaas het gesê op April 9, 2010
Gelukkig het sy debakel die AWB-mishappie nou heeltemal oorskadu.
Ek sou groot respek vir joernaliste gehad het as die ander saam met die BBC-man uitgestap het. Dink net hoe bekaf sou Malema dan gevoel het. All dressed up and nowhere to go.
Janklaas het gesê op April 9, 2010
Lekker dag, Foxy! Was gisteraand te moeg na die Dragon-fliek.
FOXY1975 het gesê op April 9, 2010
Watter Dragons-fliek het jy gaan kyk? My kind is op al wat ‘n draak en dinosaur fliek is versot! Ons het nou die dag How to train your dragon gaan kyk..
Janklaas het gesê op April 9, 2010
Hom. Ja. Hy. Dit. Baie nice.
dinkweer het gesê op April 9, 2010
Sommige in die media sal insidente veroorsaak vir ‘n storie, ongeag die gevolge.
Janklaas het gesê op April 10, 2010
Bly jy is darem nog in die omtes, SoNel!
Janklaas het gesê op April 10, 2010
Ja, en dis bitter onverantwoordelik, veral nou.
Janklaas het gesê op April 17, 2010
Ai, sterkte met daai pak-en-trekkery. Mislike job.