Troudag

April 6, 2010 in Sonder kategorie

Sy was ‘n deel van daardie somer

en ek ‘n eensaam digter-dromer…

Ek het haar op ‘n kerkkamp ontmoet, by Eiland, naby Letsitele.

Lekker windgat was ek op die kamp: nagraadse student, sangleier en algemene beroerder van sake.

Kamp-kosma was sy, wat die wanindruk kon skep dat sy kan kook. Maar dit terloops. Sterk persoonlikheid, mooi, vol attitude en ‘n skerp, skerp humorsin en glad nie bang om my op my plek te sit nie. Sing bietjie valserig, maar met oorgawe. Rooi hare. En ek bedoel rooi.

En verloof.

Ek was ‘n veteraan van verhoudinge. Al digby die vyftig keer verlief en pas uit twee, drie reekse laaang vaste slepe. Min of meer bitter en versoen met die gedagte van oujongkêrelskap.

Ons het aan die gesels geraak. Eers bietjie, toe al meer, en soveel aanklank gevind dat die tokkelokke op die kamp verplig gevoel het om haar aan te spreek. Sy het my vertel van ‘n ander wêreld, van swaar grootword en ‘n afwesige pa, deur ‘n ellendige skoolloopbaan tot waar sy haar nou kon uitleef, studenteleier en primaria van Madelief-koshuis.

Sy het my vertrou. Ek het by hierdie vrou geborge gevoel. Nooit die tiener-bruisende verliefdheid daar beleef nie, maar ‘n stille wete en ‘n groot kalmte dat sy vir my alles sou wees om my aan te vul. Met haar sou ek my vlerke kon strek en weet ek sal veilig land.

Ek het vir haar lief geword. Sy het haar verlowing gebreek en ons is uiteindelik getroud.

Ons is saam deur maer jare, deur hartseer tye, maar ook deur reënboë van geluk en vervulling.

Saam het ons drie pragtige kinders grootgemaak. Deur die jare het ons haar leer waardeer as ‘n gul gewer van haar tyd, haar moeite, haar alles, haar self. Sy was my klankbord, my troos, my kritikus en steun – met haar kon ek alles wees wat ek graag wou wees. Sy het my verdra, deur alles wat ek is, kon sê of doen.

Ek het steeds vir haar al liewer geword.

Tot hier waar ons vandag dertig jaar getroud is.

Baie dankie, my liewe vrou. Dit het te gou verbygegaan.

48 antwoorde op Troudag

  1. Janklaas het gesê op April 6, 2010

    En baie dankie, liewe Tronkie.

  2. Janklaas het gesê op April 6, 2010

    Ek was maar net, om een of ander rede, onverdiend wonderlik begunstig.

  3. Janklaas het gesê op April 6, 2010

    Dankie, Murphs!

  4. Neffertiti het gesê op April 6, 2010

    Nou kyk nou net so! Skoon jaloers.

  5. Neander het gesê op April 6, 2010

    Julle het ‘n mylpaal behaal.
    Het julle ook rooikop klasies?

  6. katrina het gesê op April 6, 2010

    Mooi skrywe – en baie geluk aan julle albei!

  7. louisna het gesê op April 6, 2010

    Pragtig Jan. Geluk. Ek trek jou met 6 maande.

  8. kerneelsie het gesê op April 6, 2010

    BAIE baie geluk.
    Dis hoe dit gedoen moet word.

  9. diefotoman het gesê op April 6, 2010

    Baie geluk en mag julle nog 50 jaar saam die geluk smaak.

  10. HeavyHenry het gesê op April 6, 2010

    hou so aan!

  11. Dis so mooi geskryf dat ek net hoendervleis is! Pragtig Janklaas.

  12. Janklaas het gesê op April 6, 2010

    Hallo Nefertiti! 😉

  13. Janklaas het gesê op April 6, 2010

    Friekin hordes, Neander! Smaak my ek het ook ‘n rooi geen.

  14. Janklaas het gesê op April 6, 2010

    Baie dankie, Katrina.

  15. Janklaas het gesê op April 6, 2010

    🙂 Dankie, Kammi!

  16. Janklaas het gesê op April 6, 2010

    Sjoe! Jy moet horingoud wees! 🙂

  17. Janklaas het gesê op April 6, 2010

    Baie dankie, Modderkoekie!

  18. Janklaas het gesê op April 6, 2010

    Baie dankie, Kerneels.

  19. Janklaas het gesê op April 6, 2010

    Sjoe! Dis ‘n tall order!

    Baie dankie.

  20. Janklaas het gesê op April 6, 2010

    Sal so probeer, Henry. Oë raak net ‘n bietjie dof deesdae.

  21. Janklaas het gesê op April 6, 2010

    🙂 Baie dankie, Tweeling.

  22. louisna het gesê op April 6, 2010

    En jy?

  23. Janklaas het gesê op April 6, 2010

    So jonk soos ‘n bejaarde kuiken…

  24. louisna het gesê op April 6, 2010

    Vleipaddatjie in die reën

  25. Janklaas het gesê op April 6, 2010

    Ek dink die groter applous kom haar toe.

  26. *Luide applous!!*

  27. karientjies het gesê op April 6, 2010

    Baie baie geluk!!

  28. Trakie het gesê op April 6, 2010

    Baie, baie geluk aan Jan Klaas en sy 30-jaar-lange lewensmaat!

  29. Janklaas het gesê op April 6, 2010

    Dankie daar, Thomas.

  30. Janklaas het gesê op April 6, 2010

    Baie dankie. Dankie vir die besoek.

  31. Janklaas het gesê op April 6, 2010

    Baie dankie, Flenters. Ander sê die volgende 30 is makliker!

  32. Janklaas het gesê op April 6, 2010

    Dankie, liewe Kelkiewyn.

  33. Janklaas het gesê op April 7, 2010

    Dis lekker om dit te kan sê. Dankie vir die wense.

  34. Janklaas het gesê op April 7, 2010

    Die woorde sou seker minder mooi gewees het as sy nie met ‘n koekroller in die hand agter my gestaan het nie… 😉

  35. Janklaas het gesê op April 7, 2010

    Wonderlik!

    Lamgeskaaf…

  36. Janklaas het gesê op April 7, 2010

    Ek hoop sy sien dit. Sy lees as ‘n reël nie my junk nie. Dis hoe sy haar geestesgesondheid behou. 🙂

  37. Berwick het gesê op April 7, 2010

    Baie mooi, Jan Klaas. Baie geluk.

  38. Baie mooi en geluk man … ek het nog so paar jaar om by dertig uit te kom … maar ek is oppad …

  39. lisabeth het gesê op April 8, 2010

    :-))

  40. lisabeth het gesê op April 8, 2010

    Lieflik!
    En nog ‘n keer lieflik!

  41. Janklaas het gesê op April 8, 2010

    Baie dankie, Berwick.

  42. Janklaas het gesê op April 8, 2010

    Dis die vasbyt werd! 🙂

  43. Janklaas het gesê op April 8, 2010

    Baie dankie Lisa!

  44. HeavyHenry het gesê op April 8, 2010

    Ag man – ons almal se arms word een of ander tyd ‘n bietjie te kort.

    🙂

  45. skophulmaai het gesê op April 8, 2010

    ag dis mooi……

  46. Janklaas het gesê op April 8, 2010

    Dankie, ipv!

  47. FOXY1975 het gesê op April 9, 2010

    Hi, ek lees nou eers hierdie pragtige possie van jou en daar’s sommer ‘n traan in my oog! Dis pragtig!!! Ek is so bly vir jou part dat jy so ‘n pasmaatjie vir jou gevind het!

  48. Janklaas het gesê op April 9, 2010

    Ek is ook bitter dankbaar. Jy kan dink hoe ek begin wanhoop het deur die vyftig wat haar voorgeloop het!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.