Lepregonnas
Maart 30, 2010 in Sonder kategorie
Ek staan gister tou in Spar, besig met my eie dinge om die lot van die mensdom te verbeter. Meteens is dit asof die lug so ‘n groenerige skynsel kry en ‘n vreemde geroggel en ‘n tabakreuk die ruimte vul. Ek kon sweer ek het verskeie kere die woord “begorra” en ‘n paar vloekwoorde gehoor van agter my.
Toe ek wou omkyk, het die kasregister my “Fook off!” toegesnou.
Nou, almal wat hier lees weet dat ek ‘n vredeliewende siel is wat nie ‘n vlieg kan skade doen nie (ek korrel te vrot), so toe fook ek maar off.
Buite gekom, het ek ‘n ent van die deur bly staan om te probeer uitwerk wat de joos hier gebeur het.
Hier is die bedonnerde prosessie wat toe uitgekom het.
FOXY1975 het gesê op Maart 30, 2010
Ai foeitog – die man se knie het hom seker opgekeil!
Berwick het gesê op Maart 30, 2010
;-))
louisna het gesê op Maart 30, 2010
Jy moet daai tiltiffie gaan rapporteer.
Neander het gesê op Maart 30, 2010
Jong jy moes ZZ top se handtekeninge gaan vra het.
Toe verdwyn jy van die toneel.
eiewys-gekkigheid het gesê op Maart 30, 2010
He,he Jan Klaas jy moet versigtig hoor.
Doubtingthomas het gesê op Maart 30, 2010
Rowwe jacks. Karavaankak.
🙂
maryke-anne het gesê op Maart 30, 2010
🙂
Janklaas het gesê op Maart 30, 2010
Dis dalk hoekom hy so kwaad was!
Janklaas het gesê op Maart 30, 2010
Dit doen nogal!
Janklaas het gesê op Maart 30, 2010
Haai Berwick!
Janklaas het gesê op Maart 30, 2010
Knorrige till? 🙂
Janklaas het gesê op Maart 30, 2010
Oulik! Ek wil een van hulle hê om op te stop….
Janklaas het gesê op Maart 30, 2010
Sjie, daai kabouters was diep knorrig. Ek bang.
Janklaas het gesê op Maart 30, 2010
Jy is reg, jy moes nogal sien hoe skelm ek toe die foto’s geneem het!
Janklaas het gesê op Maart 30, 2010
Hier in my eie bekjaart!
Janklaas het gesê op Maart 30, 2010
Soos Hawaiise mielieboere!
Janklaas het gesê op Maart 30, 2010
Haai daar, Maryke!
Janklaas het gesê op Maart 30, 2010
Ek het! Gelukkig kon ek hulle eers kiek met die selfoon.
Janklaas het gesê op Maart 31, 2010
Sjoe, ek hoop nie so nie!
Janklaas het gesê op Maart 31, 2010
Ek vrek om te weet wie of wat hulle is. Hulle was regtig knorrig en ek moes maar skuil-skuil my foto neem.
Dalk moet ek die foto na ons plaaslike koerant stuur!
Janklaas het gesê op Maart 31, 2010
As my tuindwergie se oë my volg, gaan ek regtig bekommerd wees.
HeavyHenry het gesê op Maart 31, 2010
Haai ek het nie geweet leprechauns was so groot nie!
Janklaas het gesê op Maart 31, 2010
Dis die seelug wat dit aan hulle doen. Jy moet my maag sien.
lisabeth het gesê op Maart 31, 2010
Ek wil weet hoe jy gemaak het om die foto te neem? Lyk dan of die ou in die deur reguit vir die kamera kyk? Geneem en gehol?
lisabeth het gesê op Maart 31, 2010
Of toemaar ek sien…die knie is verbind…het jou dus voorsprong gegee
Janklaas het gesê op Maart 31, 2010
He he. Nou weet ek.
Janklaas het gesê op Maart 31, 2010
Ek het so afgetrokke my selfoon voor my maag gehou en gehoop dit wys in die regte rigting!
Janklaas het gesê op Maart 31, 2010
Ek dink dis van ‘n vorige veldslag.
Dit was dalk Elton John se veiligheidswagte.
Trakie het gesê op Maart 31, 2010
Gee whiz!! En dit terwyl jy in jou vredeliewende hoedanigheid besig was om die lot van die mensdom te verbeter!
HeavyHenry het gesê op April 1, 2010
Uuuuh… Liewer nie.
🙂
Janklaas het gesê op April 1, 2010
Ag sies man.
Janklaas het gesê op April 1, 2010
Ek sê jou. Liefdevol en konsidererend soos altyd.
FOXY1975 het gesê op April 12, 2010
Ek het nogal met die nuus wat gebreek het onmiddelik aan hierdie prentjie van jou gedink… Wys jou maar net – jy ken nie jou eie uur nie nè!
Janklaas het gesê op April 12, 2010
Hulle het maar net eers ‘n tydjie nodig gehad om te ontplooi…