Eno’s voor aandete
Maart 28, 2010 in Sonder kategorie
In die army het ons ‘n kêrel “Eno’s” genoem – “‘E knows everything”, omdat hy van alles beter geweet het.
Seker maar ydelheid, maar ek moet ook veg om die drang by myself te onderdruk. Waar ons ookal op ‘n wildrit gaan, sal ek vir die gids probeer sê watse voëltjie dit is wat ons so pas gehoor het. Gewoonlik sit hy daar met witgeklemde kake. Hy wou dit gesê het.
Gelukkig het ek ‘n werk waar ek mense heeldag moet vertel, anders sou my gesin my lankal in my slaap versmoor het.
Hierdie keer wil ek darem vertel omdat daar so min of meer ‘n vraag was (is mos so, Lisa?).
Dit handel oor die sterre.
Wat ek wil sê, is dit: Op die tydskrif “Sky and Telescope” se webblad kan ‘n mens gratis ‘n ougat 10-bladsy inleiding tot sterrekyk aflaai. Daar is sommer sterrekaarte ook in sodat ‘n mens op ‘n gegewe tyd van die jaar darem minstens die bekendste sterrebeelde sal vind. Die adres is http://media.skyandtelescope.com/documents/GettingStartedSouth.pdf.
monicahaddad het gesê op Maart 28, 2010
Is dit die sterre wat jou vol nostalgie maak?
dit is ‘n vraag…..
Janklaas het gesê op Maart 28, 2010
Sjoe! Dit moet verskriklik wees! 🙂
Janklaas het gesê op Maart 28, 2010
Mmmm, ja. Lady Gaga s’n…
HeavyHenry het gesê op Maart 28, 2010
Nice! Thanks!
loudavisi het gesê op Maart 28, 2010
Sjoe, dankie.
Mal oor die sterrehemel in die Nakwaland!
Oor die inhou – moet ook maar inhou, smaak my dis ‘n probleem onder opvoeders…wil altyd vir ander wys hoe. Tsk!
Janklaas het gesê op Maart 28, 2010
Jy sal nie weet hoe intens ek jou julle helder naghemel beny nie. Hier kan mens skaars die maan sien.
Janklaas het gesê op Maart 28, 2010
Gloot presier.
Janklaas het gesê op Maart 28, 2010
Asof ek sal weet wanneer ek sense praat…
DallaSePa het gesê op Maart 28, 2010
“Sense” … ek weet nie ;-))
“Mooi Skryf” … BESLIS!!
UNPOCO het gesê op Maart 29, 2010
Jinne, het ek nou hierdie inligting waardeer. Dankie JanKlaas
Janklaas het gesê op Maart 29, 2010
So wat jy sê is, ek lieg, maar ek doen dit so goed! 😉
Janklaas het gesê op Maart 29, 2010
‘n Vrou na my hart.
Janklaas het gesê op Maart 29, 2010
Dis baie gaaf. Mooi bly.
Janklaas het gesê op Maart 29, 2010
Reg so.
eiewys-gekkigheid het gesê op Maart 29, 2010
Ek gaan ook kyk!
Berwick het gesê op Maart 29, 2010
🙂
FOXY1975 het gesê op Maart 29, 2010
Ek gaan hierdie beslis vir my seun aftrek – hy’s regtig nou op daardie weetgierige stadium. tx
Janklaas het gesê op Maart 30, 2010
Hallo daar, Berwick!
Janklaas het gesê op Maart 30, 2010
Wonderlik. Hoop hy raak gehaak.