Storm en drang
Maart 18, 2010 in Sonder kategorie
As jy my los, net soos ek is
dwaal ek verstomp in oggendmis
in donker drogwoud, eie waan
langs skewe borde, leunend aan
geroeste hekke. kronkelpad,
en ou murasies; drome wat
my voort laat sloof, met immers al
die kneusplekke van bots en val,
tot waar ek, afgeleefd en week
teen windmeulens ‘n lansie breek.
Maar jy, my lief, kom haal my weer
uit donker kerkers; troos my teer –
met koele hande wat my sus
vergader jy weer wat ek is.
Trakie het gesê op Maart 18, 2010
Dis sulke woorde wat harte steel.
zephur het gesê op Maart 18, 2010
Hallo Jan mooi geskryf
Berwick het gesê op Maart 18, 2010
Dagsê, Jan.
Janklaas het gesê op Maart 18, 2010
Hallo daar, Berwick.
Janklaas het gesê op Maart 18, 2010
Baie dankie, Zeppie!
Janklaas het gesê op Maart 18, 2010
Mmm, dankie!
DallaSePa het gesê op Maart 19, 2010
JK … “met koele hande wat my sus
vergader jy weer wat ek is” … so mooi …
Janklaas het gesê op Maart 19, 2010
Baie dankie, DsP.
Janklaas het gesê op Maart 19, 2010
Hei dankie, Spokie!
lisabeth het gesê op Maart 22, 2010
Aah, mooi mooi!
Janklaas het gesê op Maart 22, 2010
Baie dankie, Lisa. Immer ydel, is dit tog maar vir my lekker as iemand dit geniet het.
lisabeth het gesê op Maart 22, 2010
Ek weet nie so mooi van die IMMER YDEL nie! 🙂