Kan ‘n man dan nie…
Februarie 20, 2010 in Sonder kategorie
Vir die soveelste keer klik ek op “skep ‘n pos”. Vir die soveelste keer maak ‘n beskuldigende, leë bladsy oop en staar my knorrig aan.
Lyk my ek het deesdae ‘n geit wat ek nie te bowe kan kom nie. As die kombers van roetine en goeie, eerlike werk oor my toesak, sluip die muse soos kaal muise onder hom uit en gaan soek elders ‘n heenkome – waarskynlik by die politici…
Soggens staan ek onder die stort, oudergewoonte my dinkplek, maar al wat deur my gedagtes gaan is die dag se klasse, geldsake en werkplanne. Ek verveel myself!
Ek sien nie kans om julle ook te verveel met die besonderhede van die krakende ratwerk van my daaglikse bestaan, as daar nie minstens iets interessants is om op te noem nie.
Dit kwel my, regtig. Ek het agtergekom blog is een van die lekkerste goed wat ‘n mens met ‘n broek aan kan doen, en ek mis dit kwaai. Ek mis die prettige kommentaar, die gesprekke, die wyshede en die omgee.
Ek vestig my hoop op tyd, dat die ‘spirit’ my weer sal gryp as hierdie eerste golf van die nuwe jaar se gety oorgaan. So, moenie te gou naar word as ek weer so stuk-stuk begin terugkeer nie.
pinkpolkadot het gesê op Februarie 21, 2010
…hoop jy kry binnekort weer inspirasie!!!
Lekker Sondag!!
gidivet het gesê op Februarie 21, 2010
So gaan dit maar met blog. Goed dat jy kom aanmeld. Groete.
Sara.Marais het gesê op Februarie 21, 2010
Ek ken hierdie breindroogte waarvan jy hierso praat.
louisna het gesê op Februarie 21, 2010
Ek het agtergekom blog is een van die lekkerste goed wat ‘n mens met ‘n broek aan kan doen, en ek mis dit kwaai. Metafoor van die maand.
Berwick het gesê op Februarie 21, 2010
Hallo, Jan Klaas.
Janklaas het gesê op Februarie 21, 2010
Lekker week, PPD!
Janklaas het gesê op Februarie 21, 2010
Ek beplan ‘n comeback, soos Tiger Woods!
Janklaas het gesê op Februarie 21, 2010
Sulke tye vergeet ek om te blog…
Janklaas het gesê op Februarie 21, 2010
Ek vermoed blote malende roetine is die oorsaak.
Janklaas het gesê op Februarie 21, 2010
Baie dankie, Ghaap.
Janklaas het gesê op Februarie 21, 2010
🙂 Haai, ouboet.
Janklaas het gesê op Februarie 21, 2010
Ek tjek julle darem nog uit.
Janklaas het gesê op Februarie 21, 2010
Hallo daar, Berwick. Dankie vir die inloer. Sal dit in die vervolg die moeite werd probeer maak.
DallaSePa het gesê op Februarie 21, 2010
Moenie te veel bekommer … onkruid vergaan moeilik!
;-))
Janklaas het gesê op Februarie 22, 2010
Dis darem ook waar!