Whek verlang na jou
Februarie 5, 2010 in Sonder kategorie
My apologeite dat ek in die jongste tye so skrapserig hier rondgehang het. Ek wou net die mense met goeie smaak kans gee om weer bietjie hier rond te blaai sonder om hulle neuse te hoef toedruk.
Ek was vanaand aangespoor om te skryf deur Sonja Herholdt se verskyning op Noot vir Noot. Sommer van voor af verlief op haar ook. En, het sy mooi grootgeword!
Tog, soos Eugene Marais gesê het – op elke baskitaar se vrolik’ snaar is daar ‘n druppel van dou…
Haar singery herinner my toe aan ‘n brose tyd in my jonkwees, toe ek Kollegetehuis by Tuks se edele gange bewandel het. Ek het daar ‘n serenadegroepie bedryf.
Die kunste was nog nooit ‘n groot prioriteit in daardie koshuis nie. Per definisie was ek toe gay, kommunisties en volksvreemd. Om dus een of meer te kan vergader wat dieselfde noot op dieselfde tyd kan sing, laat daai outjies wat teen Everest kan ophuppel soos giggelende kleuters klink.
Nietemin (my nuwe gunstelingwoord), so mettertyd is die ergste grusaamhede afgeskaaf en het ons heel billik begin klink.
So ‘n paar jaar voor daardie tyd het Die Magte Wat Die Universiteit Beheer (ek vermoed dit was die ruiterwag of die Springbok-Boereorkes) besluit om ‘n jaarlikse serenadekompetisie in te stel. Nou nie so ‘n hol-uit-die hoender-ruk-gedoente soos die huidige serriekompetisies nie, maar so half op ‘n kom-soos-jy-is-basis.
Natuurlik was hierdie kompetisies van die begin af deur die overachievers van Sonop geokkupeer. By Sonop het hulle toegang tot die kinders van die room van ons volk, en die lede het die vermoë tot die gebruik van viole, klarinette en al sulke soort gatkruipinstrumente.
Tog, die aand van die kompetisie het ons ‘n goeie kans gehad en die dames het ons waardeer. Ons keuse was goed en die manne was toepaslik entoesiasties en sielvol.
By die laaste koshuis het ons toe die geleentheid gehad om die ander deelnemers ook te sien. Koshuis vir koshuis het ons geluister, ook vir Sonop. Oudergewoonte het hulle weer die Brooklynse Filharmoniese orkes ontplooi. Hulle het hulle eerste en tweede liedjie gesing, en in my gedagtes het ek die vorm van die beker in my hande begin voel. Ek het begin dink aan ‘n paar toepaslike woorde wat die deurlugtige Kollegehuis nie sou beskaam nie.
En toe – toe begin hulle dáárdie lied sing. “O ek verlang na jou…na die winde wat jou arms om my vou…”
Net daar sien my blou geestesoog hoe kom rol hulle die rooi tapyt voor ons op en skuif die beker na Sonop se staanplek. Onthou, dit was die dae nog voordat Sonja ‘n treffer gehad het met die lied, en selfs vir my was daardie “bring haar terug na my” op ‘n soel Pretoriase aandlug, gebaai in Erika se stoepligte, bitter mooi. Hoe kon ons weet dat ‘n arm tokkelok so’n treffer sou skryf in daardie jaar wat Kollegehuis ‘n risiko geloop het om ‘n effense duik te kry in sy trotse fietabeeld.
Maar, uhm, nietemin – so bou ‘n mens karakter, sê hulle.
boersevrou het gesê op Februarie 5, 2010
Jy’s reg, Sonja lyk ongelooflik goed – moet seker al in die 50 wees? Voorbeeld vir baie vroue!
Berwick het gesê op Februarie 5, 2010
Nietemin goed om jou weer hier te sien.
Angelor het gesê op Februarie 5, 2010
shame arme Sonja,.. sy was pragtig, net jammer hulle wou haar nooit laat piepie voor haar optredes nie,.. ek het haar altyd jammer gekry dat sy so moes hop…
pasella het gesê op Februarie 5, 2010
Ag nee, gatkruipinstrumente, ek wens ek het dit gesê!
DallaSePa het gesê op Februarie 5, 2010
Bitterblymyself!
pinkpolkadot het gesê op Februarie 5, 2010
…Sonja is nog steeds pragtig en sing pragtig…ek het haar geniet vanaand op Noot-vir-noot!! Hou oud dink jy is sy?
Janklaas het gesê op Februarie 6, 2010
En droom vir baie mans…
Janklaas het gesê op Februarie 6, 2010
Haai, Berwick, DsP!
Janklaas het gesê op Februarie 6, 2010
By Tuks is dit ook maar ‘n dameskoshuis…
Janklaas het gesê op Februarie 6, 2010
Ja, hulle is bra neutraal, soos…soos.. Switserland…
Janklaas het gesê op Februarie 6, 2010
Ek onthou een lied was Tony en Jan se “Dit en dat”. Nou nog vir my mooi.
Janklaas het gesê op Februarie 6, 2010
Ha ha, dis regtig ‘n snaakse gedagte!
Janklaas het gesê op Februarie 6, 2010
Ek dink ‘n hobo kan ‘n goeie proktoskoop maak…
Janklaas het gesê op Februarie 6, 2010
Ek weet nie. Ek het gedag sy’s ouer as ek! Maar, sy en Carike word net mooier en mooier.
Neander het gesê op Februarie 6, 2010
Ek het nie gekyk nie, maar Sonja en Carike is baie oulik. Good wine mature with age.
In my tyd 1972, was Olienhout die groot oortreders. Prof Jannie (studente aangeleenthede) het ‘n lys van oortreders gemaak met net twee kolomme, een vir Olienhout en een vir die res van die Proefplaas. Ons het Sonop met rugby gewen.
Ek het Prof Jannie eenkeer ontmoet en hy het amper horries, kuru en kwasihorkor gelyk gekry toe hy hoor ek is van Olienhout.
In ’72 het die manne in ‘n vuurpyloorlog ‘n tweede jaar van Boekenhout doodgeskiet en ‘n fight met Sonop gehad. Ek het gesien hoe ‘n bakkie met ‘n klavier by Norredames in Sunnyside omgegooi is dat die klawers spat. Die eerstejaars moes optel. Die polisie met honde het die spul opgebreek. Twee manne met harpoene is gevang.
Toe blok hulle/ons die pad by Asterhof en neem die verkeerspolisie se boekies vriendelik af en vervreem dit.
Ook twee dames ontvoer, onder krane gehou, hare afgeskeer, en toe op ‘n tafel opgeveil vir ‘n appel en ei.
Tragiese groot sports.
Hoe weet Smurfie hulle is wankers?
loudavisi het gesê op Februarie 6, 2010
Ja, Angelor JA!
Met haar handies tussen die kniee vasgepen.
Ek het haar in my jeugjare op ‘n verhoog gesien en gewonder …
loudavisi het gesê op Februarie 6, 2010
Sonja is al diep in die 50 (dink ek)
Sy is ook maar deur diep water..
Ek neem aan dat julle toe nie die beker gewen het nie..(?)
Angelor het gesê op Februarie 6, 2010
🙂 Sonja en Jethro Tull het n ruk gelede n remix gedoen “Aqualung na jou”
monicahaddad het gesê op Februarie 6, 2010
Daar ontdek ek jou nou eers………
boerseun1 het gesê op Februarie 6, 2010
karakter bou is belangrik en gelukkig was die deel darem sekerlik nie so pynlik nie, maar eintlik baie prettig. Goed geskryf, dankie.
Janklaas het gesê op Februarie 6, 2010
Uitstekend!
Janklaas het gesê op Februarie 6, 2010
Ek onthou die vuurpylvoorval. Wat die ander dinge betref – ons in die Tehuis was nogal aangenaam verras deur die tekens van lewe elders op die proefplaas.
Janklaas het gesê op Februarie 6, 2010
Ja, sy is nou heelwat meer – hoe sal mens sê – oop van gemoed…?
Janklaas het gesê op Februarie 6, 2010
Ja, maar sy dra dit besonder goed.
Ek het ‘n effense episodetjie met haar gehad toe ek ‘n ou 7single by die SAUK geërf het, waarop ene Sonja Marks (ook sy, maar duidelik minder ervare!) “Ek verlang na jou” sing. Sy was baie geïnteresseerd en ek het vir haar ‘n kopie gemaak.
En nee, die beker het ons nie. Net die bottel Klipdrift.
Janklaas het gesê op Februarie 6, 2010
Ek het darem al by jou gekuier. Dankie vir die besoek.
Janklaas het gesê op Februarie 6, 2010
Ja wat, dit was ‘n kosbare herinnering.
Janklaas het gesê op Februarie 7, 2010
Nee, Sonop het sy trotse rekord behou. Dis om van naar te word. Ons was tweede.
Janklaas het gesê op Februarie 7, 2010
Ou liedjie, maar baie mooi. As jy hom kan opspoor, laat my weet! Ek soek al lank ‘n opname.
Ek verstaan een van die groep is nou iets soos ‘n kluisenaar in die karoo en ek dink die ander een was met Mynie Grove getroud.
Ek kan ook heeltemal verkeerd wees…
Janklaas het gesê op Februarie 7, 2010
Ek sien op Google dit is te kry op ‘n cd “Tony en Jan sing Jannie Totsiens”. Die musiek was gebruik in daardie fliek.
zephur het gesê op Februarie 8, 2010
Jan ek stem, wonder wat is Sonja se geheim…seker maar bietjie van die dieselfde doepa gebruik as Carike en Riaan Cruywagen.
Janklaas het gesê op Februarie 8, 2010
Sjiesh, ek dink hy gebruik gips!
Trakie het gesê op Februarie 12, 2010
‘Whek verlang na jou’ word deesdae ook in Frans gesing, genaamd ‘Chanson du vent’ deur Maude Myra. Afri-Frans, noem hulle dit.
pinkpolkadot het gesê op Februarie 19, 2010
Wha is jy??
Janklaas het gesê op Februarie 20, 2010
Ek het dit nogal gehoor! Dis mooi.