Sit die tier in jou tshwane
Januarie 25, 2010 in Sonder kategorie
Ek is hier in die noorde min of meer iets tussen ‘n leeu in ‘n kuil vol Daniëls en ‘n porseleinkoppie in ‘n winkel vol blou bulle. Maar, dis ontstellend lekker hier. Die lug is lou, swaar en soet en ek kan sommer onthou hoekom ek hier iets soos dertig keer verlief geraak het. Wens ek kon iets van hierdie nat weelde terugvat Baai toe.
Dis asof selfs die junk mail my hier met meer respek behandel. “Your manhood will withstand any workload”, beweer hulle. So, dinge soos ploeg en skoffel is nou binne my bereik.
Die klasse verloop ook heel prettig. Soos altyd, nadat hulle hierdie fenomeen uit die suide vir sowat ‘n halfuur aangegaap het, besef hulle hy is onskadelik en het waarskynlik goeie bedoelings.
Was vanaand so ‘n bietjie uit om ou familiebande te gaan versool. Ek wil dit nou nie hardop sê nie, maar die arme GPS wat ek saam met my seun se selfoon gekry het, is regtig nie baie intelligent nie. Tog, hier is ek, veilig terug in my marmersale.
Pretoria se opblaaspoppe sal, lyk my, hierdie keer sonder my prettige geselskap moet klaarkom. Ek besef dis ‘n slag vir die hoofstad se sosiale struktuur, maar so leer ‘n mens teenslae hanteer. Ek sal waarskynlik in elk geval my kragte vir ploeg en skoffel moet spaar.
Lyk vir my my MOB loop bra doderig, tensy arme Zeppie bereid is om die onverdunde Jan Klaas te verduur vir ‘n uur. As dit sou werk, kan ons miskien so vyfuur by Brooklyn-sentrum ontmoet. Ek is seker daar is koffieplekkies daar. Laat maar weet, dan kan ons skakel.
net myself het gesê op Januarie 25, 2010
moenie dat ek oor onnosel GPSe begin kla nie… of, eerder, die onnosel mense wat slaafs agter die goed aanry nie… (bedoel nie jy nie!)
Jy en zepperman moet julle MOB geniet.
zephur het gesê op Januarie 26, 2010
Eers 5 uur…oh ok jy is seker besig met klasse tot dan of hoe…
Stuur maar Spaces boodskap.
Janklaas het gesê op Januarie 26, 2010
Het ‘n paar spaces probeer stuur, nie seker of dit gewerk het nie. Jammer oor die vyfuur. Ek probeer net ‘n plek kry wat jou ook sal pas.
Trakie het gesê op Januarie 30, 2010
Daar’s altyd ‘n volgende keer! Vir ‘n opblaaspop of twee :-))
boerseun1 het gesê op Februarie 2, 2010
Opblaas poppe, soos die burgermeester bv? geniet die koffie.
Janklaas het gesê op Februarie 5, 2010
Ja, ons het mekaar toe ongelukkig misgeloop.
Janklaas het gesê op Februarie 5, 2010
Ons sal weer op ‘n ander keer probeer.
Janklaas het gesê op Februarie 5, 2010
Tot volgende keer.
Janklaas het gesê op Februarie 5, 2010
Ja, ons het toe vir mekaar gedigte gelees.
Janklaas het gesê op Februarie 5, 2010
He he. Sy sal nie daarvan hou nie!
Janklaas het gesê op Februarie 5, 2010
Guh. Dit was toe nie waar nie.