Ouers!
Januarie 14, 2010 in Sonder kategorie
Jarrrre gelede. ‘n Mooi niggie trou op Tzaneen.
Neels en Fransien is eregaste – hulle het wondersoete stemme en sing op al wat familietroue is, al seker die afgelope twintig, dertig jaar.
By die ontvangs in die stadsaal is daar heelwat toesprake want niggie se pa is ‘n gesiene man in die omgewing. Hoe later, hoe kwater en die gekuier raak al geiler.
Mettertyd is dit Neels se beurt om ‘n heildronk in te stel.
Neels is baie sjampanje nie gewoond nie. Neels is ook nie gewoond aan ‘n mikrofoon nie.
By die jonges se tafel vra ‘n knaap: “Wie’s daai ouballie met die mikrofoon?”
Groot stilte. “Geen idee nie,” hoor ek my stem.
Skielik voel dit asof ‘n haan behoort te kraai.
Vergewe die fasiele oordeel van ‘n alwyse, verleë tienerseun, Pa.
Ai, as ek jou maar net nog een keer kon hoor sing.
lisabeth het gesê op Januarie 14, 2010
Ai!
kalinka het gesê op Januarie 14, 2010
Ek is seker hy sou jou vergeef, onmiddelik! Ag ons dra almal sulke dinge met ons rond, goeters wat nooit moes gebeur het nie en tog het. ‘n vriend van my het dit so gestel: Jy weet mos wat gebeur as jy vir ‘n kleuter ‘n wit hempie aantrek. Hoe meer hy hom probeer skoon hou, hoe vuiler word daai hemp. Die lewe is ook so. Vanuit ‘n ouer standpunt: As dit my kind was (en ek speel ook maar musiek en kry kritiek) sou ek basies net dink, “ag ja, tieners!” Ek is seker hy sou nie wou he dat jy jouself daaroor vir jare moet verwyt nie. Sh*t happens!
Neander het gesê op Januarie 15, 2010
Toemaar Jan.
loudavisi het gesê op Januarie 15, 2010
Dis nou verby, Jan, maar ek verstaan die gewete ding.
kerneelsie het gesê op Januarie 15, 2010
Eina
Berwick het gesê op Januarie 15, 2010
Hallo, Jan Klaas
4 Mei 1954:
U.N. GENOCIDE PACT
RATIFIED BY SOVIET
The Soviet Union accepted today
the terms of a United Nations pact
outlawing genocide as an international crime.
Nog ‘n paar van Mei 1954:
– Army Convicts Dickenson
Of Collaborating With Reds
– Navy Plans Missile to Be Fired
By Submarine While Submerged
– M’CARTHY, ON STAND, SWEARS
AN ARMY OFFICER GAVE HIM
DIGEST OF SECRET F.B.I. DATA
– En: 4 Minute Mile Is Achieved
By Bannister of England
Groete!
Janklaas het gesê op Januarie 16, 2010
Hallo, Flenters.
Janklaas het gesê op Januarie 16, 2010
Haai, Lisa.
Janklaas het gesê op Januarie 16, 2010
Tja, ek sal sekerlik my kinders enigiets kan vergewe, as ek dink aan al die foute wat ek met hulle gemaak het deur die jare!
Janklaas het gesê op Januarie 16, 2010
Liewe Lo-Ammi, dis vir my ‘n pragtige beeld. Dankie.
Janklaas het gesê op Januarie 16, 2010
Dankie, Neander.
Janklaas het gesê op Januarie 16, 2010
Ja, mens lê mos vir jouself sulke laste op.
Janklaas het gesê op Januarie 16, 2010
Hallo, Kerneels.
Janklaas het gesê op Januarie 16, 2010
Dankie vir die moeite, Berwick!
Na die Bannister-verwysing moes ek eers die storie op Wikipedia gaan lees. Boeiend!
Zeelia het gesê op Januarie 18, 2010
Hoe se die spreekwoord – spyt kom altyd te laat 🙂
Maar een troos met die ouderdom kom die wysheid en die groot verlange… My pa is in 1984 oorlede op ouderdom 56 en ek wens ook dat ek hom net nog een keer kon hoor sing en die konsertina, kitaar, trekklavier, enigiets kan speel…
DallaSePa het gesê op Januarie 19, 2010
Ek het dieselfde wens …
pinkpolkadot het gesê op Januarie 19, 2010
…ag nee, Jan Klaas…Ouers vergewe en vergeet alles van hulle krooste!!…vergeet dit!
Janklaas het gesê op Januarie 22, 2010
Baie dankie, OC.
Janklaas het gesê op Januarie 22, 2010
Sjoe, hy is jonk dood. Dis vir my soos volgende jaar.
Janklaas het gesê op Januarie 22, 2010
Is so, DsP.
Janklaas het gesê op Januarie 22, 2010
Mind you, dis baie waar.
Zeelia het gesê op Januarie 22, 2010
Ja, hopeloos te jonk!! Hy was ‘n mynkaptein en jare ondergronds, met emfiseem as die gevolg, was sy einde!!
Janklaas het gesê op Januarie 23, 2010
En klink my hy was begaafd ook.