Wat laat jou lag?
Januarie 7, 2010 in Sonder kategorie
Na aanleiding van my diepsinnige (!) mymeringe oor humor in die vorige blog, het ek gedink ek sou nogal graag wou sien wat julle eie gunstelinggrap (of twee) is.
Stuur dit in, asseblief! Dit kan prettig wees.
Nog een uit die boek:
Vrou: “Hou julle daai Viagra-pil aan?”
Apteker: “Ja, sekerlik.”
Vrou: “Kan mens dit oor die toonbank kry?”
Apteker, huiwerig: “Wel ja, seker as ek twee sou neem…”
‘n Ander een: Wat is geel en staan op ‘n hoek?
‘n Nagwagkaas.
Wat is swart en versprei oor die woestyn?
‘n Trop Marmite.
pinkpolkadot het gesê op Januarie 7, 2010
LOL…
Die manne het opgehou om ABSA bank meisies uit te neem: Today, Tomorrow, Together.
Hulle neem nou Standard Bank meisies uit: Simpler, Better, Faster.
Lekker slaap!
Janklaas het gesê op Januarie 7, 2010
Puik, PPD!
Lekker slaap…
loudavisi het gesê op Januarie 8, 2010
Heerlik!
Die eerste grappie wat ek gesnap het – jarre gelede was die een van die melaatses wat kaart speel.
toe die een sy hand ingooi, skrik die ander een sy gat af.
Ek weet almal ken dit, maar daai tyd kon ek nie ophou lag nie.
maninblack het gesê op Januarie 8, 2010
Jacob Zuma laat my lag.
Hy gebruik nuwe Lux met anti-retrovirals.
En dan stoute grappies.
Daar is ‘n nuwe tandepasta op die mark. Hulle noem dit Rape.
Moet dit nie gebruik nie, dit fok jou tande op…
ilsesalzwedel het gesê op Januarie 8, 2010
My dogtertjie wals pas hier in met die nuwe Huisgenoot. Dit laat my lag dat sy nou al groot genoeg is om Huisgenotjies te verstaan.
Drie grappe pas vir my voorgelees: Wat moet ‘n vrou eerste uittrek om haar man in die bed te kry? Die TV se kragprop.
Wat is groen en nie swaar nie? Liggroen
Wat kry jy as jy ‘n kangaroe met ‘n beer kruis? ‘n Pelsjas met diep sakke…
Janklaas het gesê op Januarie 8, 2010
Ek onthou hom! Dit was oulik.
Janklaas het gesê op Januarie 8, 2010
Kannie wesie. Ek verstaan hulle dan.
Janklaas het gesê op Januarie 8, 2010
Baie dankie, ASK! Dis puik.
Janklaas het gesê op Januarie 8, 2010
Nou dis presies die soort grappe waaroor ek mal is. Liggroen, bid jou aan…
Janklaas het gesê op Januarie 8, 2010
Dis hoekom mens dit natgooi met ‘n knertsie!
Berwick het gesê op Januarie 8, 2010
Lekker naweek. :-))
modderkoekie het gesê op Januarie 9, 2010
Ek hou van die Marmite grappie,maar come to think of it..voeg ‘n snytjie toast by,en bietjie gerasperde Nagwagkaas,en dit is brekfis!
Lagies humor opgebou of vreksnaakse one liners is beide snaaks :0)
Janklaas het gesê op Januarie 12, 2010
Min of meer vir my ook.
Janklaas het gesê op Januarie 12, 2010
Hallo daar, Berwick!
Janklaas het gesê op Januarie 12, 2010
Ek verstaan wat jy bedoel met daai lagies humor – in die Britse komedies kan hulle sulke komplekse, misverstande situasies opbou wat skreeusnaaks is.
Trakie het gesê op Januarie 14, 2010
Kan nie nou dadelik aan een dink nie – vergeet mos altyd die goed – maar hier’s iets wat ek wel onthou: The human race has one really effective weapon, and that is laughter – Mark Twain.
Janklaas het gesê op Januarie 14, 2010
Ek stem saam. Ek dink dis een van ons min ‘redeeming factors’!
Trakie het gesê op Januarie 14, 2010
Nou net aan een gedink!
“Wat’s die Afrikaans vir ‘n lollie?” En as die ander persoon lank genoeg daaroor gewonder en bespiegel het, laat jy die aap met so ‘n onkeerbare ondeunde glimlag uit die mou: “‘n Vlagmotol!”
Die lékkerste grappie onder die son om te gaan oorvertel 🙂
Janklaas het gesê op Januarie 14, 2010
Ek sal hom more op my baas probeer!
bhoddlsj het gesê op Mei 10, 2022
order modafinil 200mg online cheap purchase provigil for sale
ajlmxsvs het gesê op Junie 17, 2022
plaquenil 200mg bid https://hydroxychloroquinex.com/