‘n Bekvelder in die Rand
Desember 9, 2009 in Sonder kategorie
Snaaks hoe kwesbaar alleen wegkom ‘n mens soms maak.
Hier sit ek alweer in ‘n gastehuis in die berugte Gomorra van Gauteng, wat ons Baaienaars so vrees, ‘n klipgooi van die lughawe af. Ek bied ‘n kursus aan hier in die omgewing.
En, dis wonderlik!
Die gastehuis staan langs ‘n gholfbaan op ‘n erf met reusagtige bome, waarin die tortelduiwe en lysters se klanke vanaand met sonsondergang swaar geëggo het in die sononderlug. En skielik was ek weer klein en tusen die ou groot boomreuse in Vosloopark langs die groot rivier, by my grootwordwêreld. Wat is dit aan die wind se suis deur hoë boomtoppe wat ‘n mens se gemoed so kan losmaak en jou hart so laat sing?
Om die lied te voltooi bars hier toe netnou ‘n lekker hoëveld-donderstorm los, daardie soort wat so lui-lui oor die vlaktes aangerol kom en dan sy volle woede in ‘n ekstase van helder blitse en donder uitspeel.
Nou val daar swaar na-druppels uit die groot bome op die dofverligte, nat pad, in hierdie bevredigde, koue stilte.
Dis ‘n mooi wêreld.
loudavisi het gesê op Desember 10, 2009
Mooi wereld met die mooiste woorde beskryf.
louisna het gesê op Desember 10, 2009
Mooi woorde oor ‘n pragtige provinsie. Oorweeg dit om volgende keer naby Loftus te oornag.
Sanseveria het gesê op Desember 10, 2009
Welkom in ons vallei. Dis altyd lekker as ‘buitelanders’ iets goeds sien in ons Gomorra. Hoop jy kuier heeltyd baie lekker en alles gaan voorspoedig.
zephur het gesê op Desember 10, 2009
Indien ek jou misloop op die blogs die volgende paar dae…wil ek net nou sê, geniet die verlof (indien enige) en beleef ‘n wonderlike fees tydperk. Mag die Kersfees ‘n baie spesiale tyd wees vir jou en familie.
So met tyd gaan Blogville nou stil loop, soos almal hul karretjies pak…mag ons almal weer veilig terugkom en aan almal ons ervarings en ondervindings kom deel…onthou die fotos.
Trakie het gesê op Desember 10, 2009
Wonderlike meevoeroomblikke.
bloukaap het gesê op Desember 10, 2009
die wêreld is juis so bedoel ….dink ek, soms…
Berwick het gesê op Desember 10, 2009
Welkom in Joburg!
Janklaas het gesê op Desember 10, 2009
Regtig mooi hier. Dankie vir jou mooi woorde.
Janklaas het gesê op Desember 10, 2009
Dit het ongelukkig verlore gegaan hier in die stadstuin. Ek onthou dit van die grasvelde van my kleintyd.
Janklaas het gesê op Desember 10, 2009
Dit is mooi in die lente en somer. Ek sal graag weer in Pretoria bly. Dalk Januarie.
Janklaas het gesê op Desember 10, 2009
Dankie, San! So ver, so goed – dis darem nog steeds lekker.
Janklaas het gesê op Desember 10, 2009
Is so. Ek mis daai vlaktes met rooigras.
Janklaas het gesê op Desember 10, 2009
Is so. Ek het julle.
Janklaas het gesê op Desember 10, 2009
Dankie, Zeppie. Hoop jy het ‘n wonderlike Kerstyd.
Janklaas het gesê op Desember 10, 2009
Baie dankie, Kelkiewyn!
Janklaas het gesê op Desember 10, 2009
Is so. Dieselfde soort brute krag soos branders wat teen die rotse slaan. Ek kon my kleintyd ure verkyk daaraan.
Janklaas het gesê op Desember 10, 2009
Dis mooi optimisties!
Mooi bly.
Janklaas het gesê op Desember 10, 2009
Dankie, Berwick. Lekker om te dink julle is hier naby rond.
pinkpolkadot het gesê op Desember 13, 2009
Geniet dit!!
ignoramus het gesê op Desember 14, 2009
Die mense kan my nou maar skiet vir die volgende stelling, maar dit is hoe ek voel :
Dit is baie lekkerder hier in Gautengeleng te bly as selfs in die Kaap. Mens moet net Kaap gaan vakansie hou, en dan weer kan terugkom…
Janklaas het gesê op Desember 14, 2009
Ja, dit is spesiaal.
Dankie vir die mooi woorde.
Janklaas het gesê op Desember 14, 2009
Ek begryp wat jy bedoel. Ek het agtergekom dis ‘n kwessie van attitude. Mens moet nooit die see leer as vanselfsprekend aanvaar nie. So elke nou en dan gaan stap ons en kyk rotspoele.
boerseun1 het gesê op Desember 16, 2009
Transvaal het sy mooi ook, maar dis die miljoene slegte mense wat die plek soms slegte nam gee en die lewe moeilik maak vir die klompie goeie mense.
Janklaas het gesê op Desember 19, 2009
Dankie, PPD! Dit het darem goed afgeloop.
Janklaas het gesê op Desember 19, 2009
Ek onthou maar liewer die miljoene goeies.
Janklaas het gesê op Desember 19, 2009
Sjoe, jy’s bra hard op die arme plek! 🙂
skurwesan het gesê op Desember 19, 2009
Weet waarvam jy praat! Gister was dit 35 grade, vandag gaan ons in Brooklyn Mall rondloop om te koop wat ons nie nodig het nie, want daar is aircon.
(Dit herhinner my: ons het mos ook aircons in die huis! Ek moet hulle bietjie aansit… hoekom in sulke menopausal swete ly van die hitte?!)
Janklaas het gesê op Desember 24, 2009
My gunstelingwinkel daar is die Gadget Shop. En daai fensie fliek!