Naskrif
Desember 4, 2009 in Sonder kategorie
Met skerwe en wyn op die mat
het die kuier in stukke gespat
en die suis van die swaard wat jy sê
laat die stilte oorkruis deur my lê
Daarna het ek spore van jou
uit die kussing se na-geur geklou
met ‘n weemoed wat knus soos ‘n jas
om die kou van my ribbekas pas
Neander het gesê op Desember 4, 2009
Jan wees rustig.
Kan jy nie slaap nie?
Janklaas het gesê op Desember 4, 2009
Ek slaap lekkerder by die werk.
zephur het gesê op Desember 4, 2009
‘n Mens kan tronkstraf kry oor wyn mors nê…haha
Janklaas het gesê op Desember 4, 2009
Nou weet ek hoekom ek ‘n regstaat ondersteun…
Janklaas het gesê op Desember 4, 2009
Dankie, Ghaap!
eiewys-gekkigheid het gesê op Desember 4, 2009
Wow!!!
dinkweer het gesê op Desember 5, 2009
Dit is goed Janklaas. Laat my nogal aan Koos Du Plessis dink…
Maghitta het gesê op Desember 5, 2009
🙂 baie mooi geskryf, kan ‘n prentjie vorm soos ek lees ….
borrels het gesê op Desember 7, 2009
… spore van jou … – mooi!
karientjies het gesê op Desember 7, 2009
Mooi geskryf
Janklaas het gesê op Desember 8, 2009
Hallo daar, Tweeling!
Janklaas het gesê op Desember 8, 2009
Dankie, Theriens!
Janklaas het gesê op Desember 8, 2009
En is eintlik seerder.
Janklaas het gesê op Desember 8, 2009
Dis vir my ‘n groot kompliment. Dankie.
Janklaas het gesê op Desember 8, 2009
Baie dankie, Maghitta.
Janklaas het gesê op Desember 8, 2009
Hallo Borrels! Sterkte!
Janklaas het gesê op Desember 8, 2009
Baie dankie vir die kommentaar, Seisoenekind!