Sterre verskiet III

November 17, 2009 in Sonder kategorie

En daar sit Klaas Vakie.. Skuus! Jan Klaas, toe eensaam en dik opgestop, onder die besorgde oë van sy skaaphondteef, in die bedroefde nanag en uitkyk vir verskietende sterretjies. Elke nou en dan skyn ek my groen laser die lug in, net om die vlieëniers en hadedas uit te freak. Laat ‘n mens wonder, wat de hel het van my lewe geword…

So elfuur, toe ek uitstap, is die lug helder en sowaar, daar skiet ‘n blink verskietende ster oor my kop. Aha, dag ek, dit gaan ‘n betowerende nag wees.

Like hell.

G’n niks. ‘n Enkele enetjie, so eenuur, heeltemal uit die verkeerde rigting. En nou het ek ‘n OB-kopseer.

Daar’s natuurlik ‘n horde verskonings, soos dat die sigbaarheid bra power was hier in die stad, daar was wolke, die hoofpiek is blykbaar nou amptelik eers vanaand…

As iemand ook so dapper wil wees: Leo kom eers na middernag in die noordooste op, so moet niks vroeër verwag nie. Daar is nog steeds ‘n vae moontlikheid dat dit ‘n behoorlike ‘sterrereën’ gaan wees. Hulle reken dit sal so stadigaan beter word namate Leo hoër bo die horison styg, totdat dit naderhand lig word.

Anders moet julle my maar vertrou. Die plan is om uit te ry na Addo se koers, waar die lug mooi donker is. So, as ek nie teen die einde van die week iets skryf nie, laat wees my vrou ek is gehijack.

13 antwoorde op Sterre verskiet III

  1. bly is ek nou dat ek lekker knus in die bed was. ons armsalige balkonetjie kyk in die verkeerde rigting, dink ek, in elk geval om die sterre-reen te sien.

  2. Het in 2006 in die Sederberg gaan kyk – het in die hele nag (na 12 tot ligdag) net sowat 25 gesien, waarvan een darem ‘n breë rooi lint van horison tot horison was …

  3. Berwick het gesê op November 17, 2009

    Goed gaan, Janklaas.

  4. Jei! Ek is terug!

  5. Jy moet maar vir die see kyk…

  6. Dis toe dat ek myne ook gesien het, hoewel ek later gewonder het of dit nie net ‘n ontspan-ligflits was nie…

  7. Wow, dit klink na ‘n lekker ervaring. En, jy is een van ‘n ekslusiewe groepie stedelinge wat al regtig ‘n vuurbal gesien het!

    My dogter het gisteraand een gesien.

    Ek het my eerste een gesien in ‘n inry in Pretoria.

  8. Ek dink jy was bra gelukkig!

  9. Vanoggend weer gekyk vir sowat ‘n driekwartuur, min gesien tot my dogter by my kom staan het. Sy sien toe amper dadelik ‘n vuurbal en ‘n klein ligstrepie.

    Lyk my wragtig ek raak te oud.

  10. Dankie, Berwick.

  11. ai, tog!! Ek het heeltemal hiervan vergeet!!

  12. Lyk my jy’t niks besonders misgeloop nie.

  13. ek kan darem gelukkig so strepietjie see sien van die balkon af.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.