Prikkelende prentjie!

Oktober 23, 2009 in Sonder kategorie

As ‘n man hierdie foto bekyk kan mens hom nie kwalik neem as sy oë begin blink nie. Lyk soos iets van Britney, met tattoëermerke.

Die snaakse ding is, dis eintlik ‘n foto van Mars! Dwarrelwindjies het die ligbruin bo-stoffies plek-plek van die donkergrys ondergrond afgewaai en in strepe met die duine langs af gewaai.

Lekker naweek.

29 antwoorde op Prikkelende prentjie!

  1. zephur het gesê op Oktober 23, 2009

    Hahaha ja stem nogal saam met die eerste opmerking

  2. Berwick het gesê op Oktober 23, 2009

    Vir jou ook!

  3. Men are from Mars?

  4. icysparx het gesê op Oktober 23, 2009

    Mars was nog nooit so mooi nie 😉

  5. Nou verstaan ek ook hoekom party manne op Mars verdwaal 😉

  6. Janklaas het gesê op Oktober 23, 2009

    Ja, gaan kyk by die webblad op http://www.uahirise.org/ESP_014426_2070. Mens kan nader vergrotings en wye-veldbeelde ook daar aflaai.

  7. Janklaas het gesê op Oktober 23, 2009

    Nooit gedink grond sal my so kan opwen nie.

  8. Janklaas het gesê op Oktober 23, 2009

    Dankie, Berwick.

  9. Janklaas het gesê op Oktober 23, 2009

    Haha, ja dit sit nogal ‘n nuwe spin daarop!

  10. Janklaas het gesê op Oktober 23, 2009

    En so sag…

  11. Janklaas het gesê op Oktober 23, 2009

    Ja, en gaan kyk bietjie hierdie mooi nabyfoto’s van Saturnus. My seun het die link vir my gestuur.

    http://www.boston.com/bigpicture/2009/10/saturn_at_equinox.html

  12. Janklaas het gesê op Oktober 23, 2009

    Ek kan myself ook picture in daai valleie…

  13. Janklaas het gesê op Oktober 23, 2009

    Tja…

    Maar, aan die ander kant, kyk ek nou met ander oë na Britney.

  14. Janklaas het gesê op Oktober 23, 2009

    My splinternuwe Leserskring HAT spel tatoeëer anders. Asof hulle nou sal weet…

  15. Janklaas het gesê op Oktober 23, 2009

    Ek hou van jou.

  16. Dis amazing, Jan Klaas.
    Is dit ‘n stokperdjie of net terloops?

  17. “n Man kan seker in enige foto sien net wat hy wil. ;’n Baie leersame fot, thx

  18. Janklaas het gesê op Oktober 25, 2009

    Dis my stokperdjie wat ek, helaas, nie hier in die Baai kan uitleef nie.

  19. Janklaas het gesê op Oktober 25, 2009

    Is so, Boerseun. Dankie.

  20. Janklaas het gesê op Oktober 25, 2009

    🙂

  21. dit lyk nogal rerig soos deel van iemand se lyf. wat is die witterige strook wat so skuins deur die foto gaan?

  22. ek het ook so splinternuwe Leserskring HAT.

  23. Janklaas het gesê op November 1, 2009

    Nice, né.

  24. Janklaas het gesê op November 1, 2009

    Glo my Kelly, hier sal ek nie ‘n enkele oomblik met jou stry nie.

  25. Janklaas het gesê op November 1, 2009

    Dis ‘n duin. Jy kan sien hoe die donker basaltgrond teen die hange van die duin afloop.

  26. Janklaas het gesê op November 1, 2009

    En die digwoordeboek en die Groot Verseboek!

  27. Is jy seker dis nie dalk Venus nie JK?!
    ;-))

  28. Dit sou meer sin maak, né…

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.