Pa-wees

Oktober 7, 2009 in Sonder kategorie

Pa-wees

Ek het vanoggend nie besef

hoe erg dit jou gemoed sou tref

toe ek die een was wat nou juis

die storie van die tandemuis

en Vader Krismis en wat nog

vir altyd moes verraai as bog.

Dis eers toe ek in nánagvaag

my eie spoke moes verjaag

dat ek die oorsaak kon verstaan

van jou blou oë se skame traan.

 

1999 

28 antwoorde op Pa-wees

  1. borrels het gesê op Oktober 8, 2009

    Eish, jy’s ‘n diep outjie. Mooi gedoen!

  2. my beurt om te kom “wow, wow” sê. vreeslik mooi.

  3. Janklaas het gesê op Oktober 8, 2009

    Pienk poedel! 🙂

    Baie dankie.

  4. Janklaas het gesê op Oktober 8, 2009

    Dankie, Maryke.

  5. Janklaas het gesê op Oktober 8, 2009

    Eish. Dankie Borrels!

    Was sy nie die cuteste dingetjie nie!?

  6. Janklaas het gesê op Oktober 8, 2009

    Baie dankie, Murphy. Ja, ek laaik die dingetjie.

  7. Janklaas het gesê op Oktober 8, 2009

    Baie dankie, Ghaap.

  8. Zeelia het gesê op Oktober 8, 2009

    Pa se blou oog sal verstaan…

  9. Berwick het gesê op Oktober 8, 2009

    Baie mooi, Janklaas.

  10. Janklaas het gesê op Oktober 8, 2009

    Ek hoop so. Nou moet ek haar volgende jaar aan die klomp kwylende mansstudente by Stellenbosch gaan blootstel!

  11. Janklaas het gesê op Oktober 8, 2009

    Dankie Jo. Ja, te vinnig was daai tyd verby.

  12. Janklaas het gesê op Oktober 8, 2009

    Baie dankie, Berwick!

  13. Janklaas het gesê op Oktober 8, 2009

    Sy’t mooier geword!

    Lekker slaap.

  14. skurwesan het gesê op Oktober 9, 2009

    Dieselfde Liz van ammelewe.
    Ek het agtergekom dat ek nie iemand anders wil wees nie en ek laaik hierdie Liz, en ek gee regtig nie om dat mense weet wie ek is nie.
    Jou krulkoppie lyk soos ‘n skildery van onskuld. sal haar graag nou wil sien maar neem aan dat tieners nie sommer vir hulle laat blog nie.
    tandemuis en vader xmas.. ai: as enkelouer en werkende ma was dit my plig om my kinders bedag te maak van pedofiele, ontvoerders, hoe om hulle self te beveilig en natuurlik, my heel beste probeer om vir hulle my obsessie en paranoiese vrees oor te dra vir groot honde wat hulle kopvelle kan afskeur en geroeste spykers wat hulle klem in die kaak kan gee….

  15. Dis beautiful geskryf Janklaas, sy is ‘n pragtige mens

  16. Janklaas het gesê op Oktober 9, 2009

    Baie bly jy’s terug.

    Ek sal ‘n manier kry om haar foto te plaas. Ek wil net nie die klomp maties advance notice gee nie…

  17. Janklaas het gesê op Oktober 9, 2009

    Baie dankie, joburggirl. Sy is nogal.

  18. Groot plesier Janklaas

  19. Janklaas het gesê op Oktober 9, 2009

    He he, ek weet wat jy bedoel.

    So onskuldig as wat sy toe was, so ‘n sterk willetjie het sy nou. Dis te mooi.

  20. zephur het gesê op Oktober 9, 2009

    Baie mooi geskryf Janklaas.

  21. Janklaas het gesê op Oktober 9, 2009

    Baie dankie, Zep!

  22. Janklaas het gesê op Oktober 9, 2009

    So gemaak.

  23. bloukaap het gesê op Oktober 9, 2009

    jaaaaaa, boet, ja…..daai joppie !

  24. …dit is maar ‘n moeilike ding om te doen – pragtige kind!! Is dit sy in jou nuutste pos?!!

  25. Janklaas het gesê op Oktober 9, 2009

    Jup!

  26. Janklaas het gesê op Oktober 9, 2009

    Tja, eina maar lekker.

  27. Janklaas het gesê op Oktober 19, 2009

    Thank you! Surprisingly, it’s my daughter. 🙂

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.