As jy gaan

Oktober 4, 2009 in Sonder kategorie

As jy gaan

moet jy dit tog reg doen.

Los die sleutel, die terg,

en die dou-dou môresoen.

Vat gerus die harde koud,

die lang-lang vingers van die vrees

en die té stil by-jou-wees.

Los die plooitjies om jou lag,

die tere tyd se sout nasmaak;

die sagte uur van warm wag

vir volmaan oor die see.

Stuur my dan, per kerende pos

die naskrif, wat ek wel sal mis:

die koel-koel trane op jou wang;

die leë glas wat myne is.

26 antwoorde op As jy gaan

  1. Jy kan maar man.

  2. Janklaas het gesê op Oktober 4, 2009

    Baie dankie, Kwaksalwer.

    Ek dag ek is alleen wakker. Jy is seker op diens!

  3. Uitstekend, Janklaas!!

  4. louisna het gesê op Oktober 4, 2009

    Treffende beeldspraak. Goeie gedig

  5. Janklaas het gesê op Oktober 4, 2009

    Dankie Polkadot!

  6. Janklaas het gesê op Oktober 4, 2009

    Dankie, Kammakazi. Ek probeer harder deesdae.

  7. Janklaas het gesê op Oktober 4, 2009

    Baie dankie vir die mooi kommentaar, Ouboet.

  8. Ek sien die Jaap Trol gebruik nou jou avatar?

  9. Janklaas het gesê op Oktober 4, 2009

    Wat kan ek daaromtrent doen? Help!

  10. Gits Janklaas,ek weet nie.Maar iemand kan mos nie net jou avatar copy en dan gebruik nie?Dis baie vreemd want op sy blog wys sy avatar nog steeds ‘n vrou,maar as jy na sy antwoorde kyk dan is dit met jou avatar.

  11. Janklaas het gesê op Oktober 4, 2009

    As ek sy stuff lees wys dit net sy avatar.

    Ek weet nie, dalk het ek onder sy vel ingekruip!

  12. En Mammaskaap se avatar is nou by LORT,die antitrol,hier is iets baie weird aan die gang.

  13. Janklaas het gesê op Oktober 4, 2009

    Inbreeding en ondertrollery! Watse klein trolletjies gaan hieruit kom?!

  14. louisna het gesê op Oktober 4, 2009

    Janklaas,

    Ek slurp nie stront op nie en het oor tyd ‘n gawe ontwikkel om die kaf van die koring te skei. Jy mag maar skryf.

  15. Janklaas het gesê op Oktober 4, 2009

    Oukei! 🙂

  16. Janklaas het gesê op Oktober 4, 2009

    Baie dankie vir jou kommentaar, Kels.

  17. Janklaas het gesê op Oktober 4, 2009

    Baie dankie, Ghaap!

  18. Janklaas het gesê op Oktober 4, 2009

    Dankie, Murphs.

  19. Janklaas het gesê op Oktober 5, 2009

    Dankie, Annemarie!

  20. Janklaas het gesê op Oktober 6, 2009

    Baie dankie, Beatri.

  21. Janklaas het gesê op Oktober 7, 2009

    Baie dankie vir die sterre, Flenters!

  22. Janklaas het gesê op Oktober 7, 2009

    Is so.

  23. borrels het gesê op Oktober 8, 2009

    Wragtig pragtig!

  24. Janklaas het gesê op Oktober 8, 2009

    He he. Dankie, Borrels.

  25. If you go away on a summer’s day
    Then you might as well take the sun away…

    Joune is net so pragtig

  26. ‘n Ou gunsteling van my, daai (obviously).

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.