Dagbreek op Godsewil

September 25, 2009 in Sonder kategorie

In die rooi oggendson

op die plaas Godsewil

blaf ‘n hond voor ‘n oop hek –

die erf is te stil.

Voor die stal blaas ‘n koei

wasemwit wolkies uit,

maar die voerbak is leeg

en die deur is gesluit.

Op ‘n mat in die huis

langs ‘n vlek koue tee,

lê die koplose lyf

van boer Gerhard Viljee.

19 antwoorde op Dagbreek op Godsewil

  1. Dit is beautiful geskryf..baie mooi

  2. Sjoe..gee my hoendervleis.Juis ‘n paar dae terug weer vir Sleepy Hollow gekyk.Scary..

  3. zette het gesê op September 25, 2009

    Jo! Goed geskryf!

  4. Plaasmoord of wat?

  5. Dankie vir die applous, Flenters!

  6. Dankie, vrou van Jhburg!

  7. Dis hoe ek laasnag aan die slaap geraak het, met hierdie beeld in my gedagtes.

  8. Dankie Annabelle!

  9. Ja, so iets.

  10. Mense is mense. En dis nie altyd ‘n goeie ding nie.

  11. Groot plesier

  12. Haai daar, Rosie.

  13. Ek hoop bra dit klink so!

  14. treffend

  15. Baie dankie, Pruimtwak.

  16. …neeeee!!!! Hartseer!

  17. Mag ons nie daaraan gewoond word nie.

  18. Baie dankie, Lo-Ammi!

Los ’n antwoord vir Janklaas. Kanselleer antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.