Seevakansies

September 16, 2009 in Sonder kategorie

Geneties gepredisponeer

tot sentimentele soeke

bevind ek my bewoë in donker Umzumbe.

Soekend, in karige gegewe

na tekens van gister –

nefies, niggies, gesin, geliefdes

en wonder, kopskuddend:

waarom het ek dié tye

nie teerder in my hart gebind?

Nee, selfvergenoegd

het ek dit laat begaan,

en weg, weg laat ontsnap.

Is ek dan regtig so vol eiewaan

dat my diepste gedagtes is

of iemand my ook so sal mis?

22 antwoorde op Seevakansies

  1. Berwick het gesĂȘ op September 16, 2009

    😉

  2. icysparx het gesĂȘ op September 16, 2009

    Alweer jy en die nag…
    Hercules se ma het mos gesĂȘ:
    “Don’t go to war, and your children wil love you, and their children will remember you, but you will fade and your memory will be lost.”

    Ek kies eerder dit as wat my naam “echo through the eons, immortal in the minds of men.”

    Se moer. Hier en nou, die mense rondom my, die liefde wat ek het – gee my eerder DIT.

  3. Ons het maar almal daai sentimentele soeke.

  4. loudavisi het gesĂȘ op September 17, 2009

    Natuurlik mis hulle jou ook so!
    🙂

  5. Janklaas het gesĂȘ op September 17, 2009

    Hi, Berwick.

  6. Janklaas het gesĂȘ op September 17, 2009

    Goeie antwoord, Lieks. Dankie.

  7. Janklaas het gesĂȘ op September 17, 2009

    Ek vermoed dit vererger met ouderdom.

  8. Janklaas het gesĂȘ op September 17, 2009

    Dankie, liewe Lou!

  9. Janklaas het gesĂȘ op September 17, 2009

    O, hulle is nog daar. Net nie meer by mekaar nie. Of naby my nie.

  10. Baie mooi, Janklaas…maar hartseer!!…Ons behoort elke dag en alle tye te geniet en te koester…maar ja, ek weet, dit is makliker gesĂȘ as gedaan!

  11. Jy skryf ontsettend mooi en uitstekende afrikaans!! Kyk asb na my skrywe en gee jou eerlike opinie!!

  12. Janklaas het gesĂȘ op September 20, 2009

    Dis so waar. Dis sommer nonsens dat ek so dikwels na gisters verlang.

  13. As hulle jou NIE mis nie, is hulle baie dom, Janklaas! Baie mooi geskryf.

  14. Janklaas het gesĂȘ op September 21, 2009

    Baie dankie, Kelly.

  15. Janklaas het gesĂȘ op September 21, 2009

    Die puriste sal stik as hulle jou kommentaar raaklees, Rosiemaryn!

  16. Janklaas het gesĂȘ op September 21, 2009

    Baie dankie, Joanna.

  17. bloukaap het gesĂȘ op September 21, 2009

    mooi

  18. Hi, wanneer pos jy weer iets?

    Lekker week!!

  19. Janklaas het gesĂȘ op September 21, 2009

    Dankie Pruimtwak!

  20. Janklaas het gesĂȘ op September 21, 2009

    Bietjie ingesneeu tot Woensdag. Werk smoor my muse.

    Lekker week.

  21. lisabeth het gesĂȘ op September 22, 2009

    Soekend na tekens van gister…of partykeer sommer tekens van ‘n oomblik gelede. Ons het maar net die nou en die onthou. Mooi geskryf.

  22. Janklaas het gesĂȘ op September 22, 2009

    Baie dankie, Lisa. En waar.

Los ’n antwoord vir icysparx. Kanselleer antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.