Abrakadaba: geluk

September 15, 2009 in Sonder kategorie

Ook maar ‘n bootjie dobberende op die see van die lewe (!) was ek van tyd tot tyd self erg soekend na geluk en/of troos.

Ek wil beslis nie voorgee dat ek nou al die antwoorde het nie, maar wat ek besef het, is dat geluk in ‘n groot mate ‘n eiegemaakte gedagtetoestand is. Natuurlik is daar noodwendig situasies wat geluk aanhelp of afblaas, maar binne dit kan ‘n mens in ‘n baie groot mate kies hoe jy jouself staanmaak.

So ‘n paar jaar terug het ek op die resultate afgekom van ‘n studie oor geluk wat by die universiteite van Michigan en Illinois gedoen is. Die uiteinde daarvan is ‘n reeks aksies wat ‘n mens self kan doen om jou eie gemoedstoestand te verbeter, sodat ‘n mens nie so uitgelewer hoef te wees aan die daaglikse aanslae nie.

Dit klink miskien eenvoudig en vanselfsprekend, maar as mens mooi oor elkeen nadink sal jy ook, soos ek, die nut daarvan insien. Onthou, jy wil jouself uit ‘n denkbeeldige put uitgrawe waarin jy alleen verkeer, en net jy kan dit doen.

Ek het ‘n paar hiervan ‘n mantra gemaak en dit werk regtig.

  • Dwing jouself om te glimlag.
  • Gee voor jy is gelukkig.
  • Staan regop (!)
  • Dink optimisities – fokus op die oplos van probleme.
  • Moenie sê “probeer” nie. Glo jy sal dit regkry.
  • Ontgif jou brein. Vervang elke negatiewe gedagte met ‘n positiewe een. Geen self-kritiese gedagtes nie – sê ‘stop’.
  • Doen dinge wat jou vermoëns besig hou – take wat uitdaag sonder om jou te oorweldig.
  • Vul jou tyd met die dinge wat jy lief is om te doen – kosmaak, stokperdjies, skryf…
  • Vermy emosionele vampiere: mense wat kla, kritiseer of steun weerhou.
  • Rus. Slaap genoeg.
  • Ontwikkel jou spirituele kant. Geestelike gemeenskappe kan emosionele steun gee. Geloof gee ‘n hoër betekenis en fokus buite die self.
  • Oefen 20-30 minute vir 4 tot 5 keer per week, of ‘n 10-minute stappie voor middagete en na aandete (koebaai 7e laan)
  • Leer van oueres. Mense in hulle 60’s en 70’s is dikwels gelukkig.
  • Verminder stres en situasies wat stres veroorsaak (verkeer?)
  • Neem beheer oor jou eie tyd. Raak bewus daarvan hoe jy jou daaglikse ure deurbring.
  • Koester naby-verhoudings vir  sosiale steun en emosionele vrede.
  • Sien die groter prentjie. Met tyd sal dinge beter raak.
  • Raak betrokke. Maak ‘n impak op jou omgewing en samelewing deur produktiewe aktiwiteit.
  • Lag meer. Lag ontspan en vernietig pyn.

14 antwoorde op Abrakadaba: geluk

  1. vygie het gesê op September 15, 2009

    Dankie !

  2. Goeie mantra Janklaas ek neem notas.

  3. “Ontgif jou brein” – baie waar.

  4. Dis waar. Ek het ook uitgevind alkohol kan mens actually terneergedruk maak.

  5. Plesier, Vygie!

  6. Ja, ek is self nie so skerp op daai een nie. Kyk darem heelwat tennis en rugby.

  7. Goed so, Tweeling.

  8. Dis baie oulik, Ghaap! En waar. Ek het dit nog nie gehoor nie.

  9. Waar, maar kort nogal oefenwerk.

  10. Dankie, Beatri. Veral nogal nodig, vermoed ek, vir die sensitiewer mense wat op Litnet blog!

  11. Uitstekend, Janklaas!!! Baie goeie raad!! Dankie!

  12. Pilsier, PPD!

  13. borrels het gesê op Oktober 2, 2009

    En jy doen dit als????

  14. Janklaas het gesê op Oktober 2, 2009

    Sjie, nee. Maar ek onthou hulle minstens, want ek het al vir myself bewys dit werk. Lyk my mens kan jouself heel suksesvol bluf!

Los ’n antwoord vir Janklaas. Kanselleer antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.