Ritrympie

September 11, 2009 in Sonder kategorie

Ek sien jy het my

opgespoor

op Facebook, en ek

het gehoor

jy wonder hoekom

ek ons met

‘n foonoproep

beëindig het.

Ons het so saam-saam

groot geraak

en heelwat kere

opgehaak.

Jy was ‘n deel

van my en ek

met woning in

my hart se plek.

Al was ek sinies

en ontrou

het jy nog aan my

vasgeklou.

Jou sus se bitter

kommentaar

was gans te gou

en gans te waar.

En hy was daar,

hy’t jou getroos

en nou leef julle

liefdeloos.

Daar’s geen verskoning

geen verweer

Ek was maar ek,

en ons nie meer.

Ek’s jammer oor jou

hier en nou

en oor die seer

het ek berou.

Ek wens ek kon dit

anders wil,

maar lewe is lewe –

verder stil.

16 antwoorde op Ritrympie

  1. Ek hoop sy lees dit, seker sy sal nou verstaan!
    :o)

  2. Ek dink nie so nie.

  3. Dis bitter seer Janklaas…

  4. Ja, dit was.

  5. ek is woordeloos…

  6. Dis soms makliker om dinge in so ‘n vormhandsakkie te verpak.

  7. Haai Borrels. Dankie vir die inloer.

  8. Dankie, Ghaap.

  9. Ja dis ‘n onnodige stuk berou wat so in die nanag aan mens kom karring. Voorwaarts!

  10. True.

    Behalwe dat sy blykbaar graag wil gesels.

  11. Nou DAAI is ‘n paadjie wat net na hartseer kan lei as jy nie versigtig is nie…

  12. Vir seker. Ek het ‘n doodse vrees vir daai paadjie.

  13. Mooi geskryf, maar dit is maar die soet en swaar van die lewe!! Nogal scary hoe almal mekaar nou opspoor, né?! Ek het nou weer knotak met so om en by 20 van my skoolmaats, danksy facebook, en ek is nie eers aktief daarop nie?!!

  14. Ja, maar party kontakte sou ek graag wou vermy.

Los ’n antwoord vir icysparx. Kanselleer antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.