Slegte koffie
September 10, 2009 in Sonder kategorie
Slegte koffie vanaand het my laat terugdink aan die oerkoffie wat ons destyds in Kollegetehuis ingeneem het. Iets soos slykwater uit ‘n ou kruiwa. Wat in Turkye gebou is. Met trekarbeid.
Hierdie koffie het my darem ‘n plesiertjie ook verskaf. Brink Grobler was ons bedonnerde pennosele reusagtige rugbysenior wat my een aand bars opgekommandeer het om vir hom te gaan koffie haal. In die rondte wat ek gemaak het was daar geen mede-eerstejaar in die gang wat teensinnig was om ook in sy reusekoppie te spoeg voordat ek die koffie vir hom gaan ingooi het nie. Ek het later gedink dit was seker een van die gesondste koffiekoppies wat die jafel in sy hele deurlugtige koshuisloopbaan gedrink het.
En dank vader ek skryf onder ‘n skuilnaam. Daai ou was groot. Dalk is hy nog.
Ons het ook bygedra om Maroela se koffie se smaak te verbeter deur een aand ‘n onderbroek in hulle ketel te gaan dump. Vra maar vir Pienkpolkadot, niks soos ‘n goeie marinade om die meer delikate smake na vore te bring nie. Wonder of hulle dit ooit agtergekom het. Of, dit het dalk van hulle beter mense gemaak, uitstekende bloggers.
Maar, so loop geregtigheid seker sy gang toe ‘n klomp Maroelastudente my een nag tydens ‘n onderbroekraid onder hande gekry het. Ek sweer ek was vandag nog skoenpolitoer uit sommige valleie uit.
pinkpolkadot het gesê op September 10, 2009
LOL, Janklaas, so jy was op Tuks?… en in Kollegehuis?? …ag sis, man vir die gespoegery!!! Lekker aand!
Janklaas het gesê op September 10, 2009
Dja…
Die spoegery het destyds so reg gevoel!
Sjoe, is jy ook nog wakker? Lekker slaap!
icysparx het gesê op September 10, 2009
Altwee van julle… BED TOE!!
Ons meisiekoshuis het na ‘n teekan-inter gewonder hoekom die manne so ongemaklik baie gelag het… toe die eerstejaars die leeggedrinkte kan uitspoel, kry hulle ‘n stokou rugbytok op die bodem. Nooit weer het ons met die berugte Reitzmanne teekan gehou nie.
perskepit het gesê op September 10, 2009
Gril ek nou!! Siesa, man!
Zeelia het gesê op September 10, 2009
Ja wat jul manne nie moes deurmaak nie!!! Ek moes maar oë toeknyp met die drie manne in my huis anders het ek my dood ge-stress!! Man op Bekker Landbouskool amper doogeslaan deur ou Pan (onderwyser) en met my seuns op privaatskool, die genade was min …Hul moes maar net deur die proses… net jammer dat van hulle vandag die sondebokke gemaak moet word vir jare se kulturele erfenis… Maar hul beurt het hul gekry met die alewige ‘toast’ maak in die aande vir die klomp ingelse – paar suprises was daar baie!! 🙂 Pa het hul goed getrain! LOL
loudavisi het gesê op September 10, 2009
Sjoe, dit is goed geskryf!
Se een Juffrou nou die dag haar ma het haar nie bang grootgemaak nie, maar groot banggemaak..
Neffertiti het gesê op September 10, 2009
Kollegehuis, julle weet mos!
My familie is Brink en Grobler.
Janklaas het gesê op September 10, 2009
O sjit.
Janklaas het gesê op September 10, 2009
Stry, dit was die lekkerste tee in ‘n lang tyd.
Janklaas het gesê op September 10, 2009
(Gemaak bekommerd) Wat?
Janklaas het gesê op September 10, 2009
Ek kan dink daar moes ‘n paar kreatiewe toasts gewees het. G’n wonder die ingelse het die land so woes verlaat nie.
Janklaas het gesê op September 10, 2009
Goed gesê! Ek was sommer nog tussenin ook bang.
Janklaas het gesê op September 10, 2009
Ek dink horisontaal is ek darem deesdae groter as hulle. Uhm, om my maag gemeet, Ghaap.
eiewys-gekkigheid het gesê op September 10, 2009
LOL Janklaas goeie storie!!!
Neander het gesê op September 10, 2009
Die marinade-bydrae van ‘n tock of onderbroek moet nooit onderskat word nie.
Zeelia het gesê op September 10, 2009
Ja-Nee die kakies het gou geskrik vir hierdie groot boere – hul doop die afrikaners sommer dadelik ‘dutchmen’ maar waag dit en noem hom ‘n hanskakie… hou nie van sy eie medisyne nie… Die twee boertjies het egter gou respek afgedwing 🙂
Janklaas het gesê op September 10, 2009
Dankie Tweeling!
Janklaas het gesê op September 10, 2009
Is so. ‘n basiese bestanddeel van elke skaappotjie.
zephur het gesê op September 10, 2009
Slegte koffie is amper soos slegte wyn.
Die lewe is te kort om slegte wyn te drink.
Janklaas het gesê op September 11, 2009
Is so. Ek kry ook nie genoeg skaapafval te eet nie. Teen een per jaar het ek nie te baie oor nie.