Twee vrae

Augustus 29, 2009 in Sonder kategorie

My ma se bestaan was deurdrenk met musiek,

met soete genot as sy speel.

Ek sien nog haar vingers wat klankmosaïek

uit die swartwit ivoorklawers streel.

Maar, waarom moes dié lied haar aanhou verruk

toe daar aan die end van haar lewe

demensie die sap uit haar wese kom druk:

“Mag die hemel jou vergewe”?

****

Jy hang ‘n bestaan tussen krukke,

jou liggaam verwring van die seer

Skeefgedruk deur ’n vreemde boetseerder

wat skep en dan transfigureer.

Verduidelik dan vir my jou keuse: waarom,

uit al die uitdrukkings, van hartseer tot vrees –

die een wat jy kies om jouself te vermom

’n glimlag, ’n glimlag moet wees?

10 antwoorde op Twee vrae

  1. Naand, Janklaas…

  2. Haai, Lieks…

  3. Sjoe Janklaas, jy kan maar!!

  4. Genade vrou, staan jy vroeg op of gaan jy laat slaap?

  5. food for thought!!!

  6. Ek wonder hoeveel van ons kruip soms agter ons glimlagte weg?

  7. 🙂

  8. Ek hoop so…

  9. Wat my meer bodder is hoe hy dit regkry om te lag.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.