Adel op die ashoop
Augustus 27, 2009 in Sonder kategorie
Dis die eerste keer dat ek haar in Spar sien. ‘n Mens sal baie goed weet as jy haar al vantevore gesien het.
Dis in die loop van haar, die staan as sy ‘n pakkie vashou om die prys te kyk. Dis wat sy doen met die cliché van die kort tiervelrokkie, die hoëhakskoene, die leerbaadjie, die blonde hare en die bruingebrande vel.
Dis in die uitdagende manier hoe sy haar veertig-plus jare dra, hoe sy vierkant die agteraf kyke teruggooi. Haar ervarenheid dra sy soos ‘n trotse trofee.
By die kasregister is dit in die takserende blik na die jong knaap agter haar, wat sy so pas in puberteit ingeskok het met haar lae buk om ‘n munt op te tel.
Buite klim sy in ‘n geroeste Cortina. In my verbeelding word dit ‘n staalblou Mercedes met ‘n afgeslane kap, waarin sy terloops haar twee Borzoihonde se koppe streel voordat sy uitry en met ‘n sierlike draai om die hoek verdwyn.
Janklaas het gesê op Augustus 27, 2009
Wow, jy’s vinnig! Ek fiddel nog met die ding!
Maar, dankie.
blighty het gesê op Augustus 27, 2009
Ek het iemand soortgelyks gesien in Canterbury, ‘n ashoop koningin.Goed geskryf.
Neander het gesê op Augustus 27, 2009
Jan, mens se verbeelding kan jou soms parte speel.
Aan die ander kant, die motor behoort nie ‘n maatstaf te wees nie.
Mooi loop!
tigresscap het gesê op Augustus 27, 2009
Baie mooi…
Janklaas het gesê op Augustus 27, 2009
Ja, kyk net na my eie ou tjor!
Janklaas het gesê op Augustus 27, 2009
Dankie Alta!
Janklaas het gesê op Augustus 27, 2009
Elke buurt het seker so een.
Zeelia het gesê op Augustus 27, 2009
Lanklaas so mooi in jou kop ingeklim Janklaas 🙂
Janklaas het gesê op Augustus 28, 2009
Baie dankie, Flenters.
Janklaas het gesê op Augustus 28, 2009
Hei, moenie loer nie! 🙂