Miskien

Augustus 2, 2009 in Sonder kategorie

Ek sit hier in my hokkie
aan die suidpunt van die hel
en luister wat die TV
in die nuusberig vertel

Hul praat van wintervloede,
die einde van ons geld,
hul praat van moord, verkragtings, haat
en dooie stukke veld

Hul praat die taal van wanhoop
van seer, van bloed, van pyn
verdwaalde sprankies liefde wat
soos doudruppels verdwyn

Dan mymer ek oor dinge wat
ons aan mekaar kan doen
en hoekom dit so swaar is om
met vrede te versoen

Miskien is ons te eiewys
om met mekaar te praat
miskien kan dinge regkom, en
miskien is dit te laat

14 antwoorde op Miskien

  1. icysparx het gesê op Augustus 2, 2009

    Te laat? Nee.

  2. Angelor het gesê op Augustus 2, 2009

    Ons kan ongelukkig nie opgee nie,.. omdat die son more weer opkom, of ons nou wil he dit moet of nie,.. en dan moet ons maar net aangaan,…

  3. Dis nooit te laat nie!

  4. hutton het gesê op Augustus 2, 2009

    😉

  5. Janklaas het gesê op Augustus 2, 2009

    Hi Hutton!

  6. Janklaas het gesê op Augustus 2, 2009

    en dalk sal ek kan saamstem –
    dis te sê, as jy so wil…

  7. Janklaas het gesê op Augustus 2, 2009

    Actually stem ek met jou saam.

    Mens moenie laat op ‘n Saterdagnag aan die skryf gaan nie.

  8. Janklaas het gesê op Augustus 2, 2009

    Jaaa, nie regtig nie. Soos ek sê, dalk moet mens daai tyd van die nag wegbly van die rekenaar af.

    Jy was self bra vroeg op…

  9. Janklaas het gesê op Augustus 2, 2009

    Te vroeg, jy. Ons mense slaap nog!;-)

  10. Janklaas het gesê op Augustus 2, 2009

    Dis baie waar.

  11. nie te laat nie, nee, nooit te laat nie. net moeilik moeilik moeilik.

  12. Janklaas het gesê op Augustus 3, 2009

    Soos om vir jou eie mense te sê hoe lief jy hulle het.

  13. Ja, al waaraan ek kan dink, is of daar iets is wat ek, klein sieletjie, kan doen aan iemand anders wat vir daardie EEN mens dinge beter sal maak. Sommer net iets. Miskien kan ons elkeen dit probeer. Miskien maak dit ‘n verskil…..

  14. Janklaas het gesê op Augustus 6, 2009

    Ek stem heeltemal saam. Dis ook baie meer bevredigend as om vir ‘n ‘groter saak’ iets te doen.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.