Tog gegrief

Julie 30, 2009 in Sonder kategorie

Van party dinge moet mense hulle voorpootjies afhou. Jy neuk nie daarmee nie.

Jy vat nie ‘n Rembrandt en maak daarvan Kersfeespapier nie. Jy vat nie ‘n Jaguar en pimp hom met drukvinne en platserige, breë tekkies nie.

Jy toon die nodige respekte.

Jy vat nie Elvis se sielvolle “Can’t help falling in love”, smeer hom vol reggae nie en mompel die woorde so afgetrokke asof jy eintlik eerder wou sit en sokker kyk, al is jy ‘n UB van oor die 40 jaar.

Jy vat nie Nilsson se intense “Can’t live if living is without you” en verander dit in ‘n vertoonstuk vir jou tonale fratse nie, al noem hulle die wind Mariah.

Jy vat nie die Bee Gees se se briljante, understated “To love somebody” en gaan versmart dit met soveel kwelende pynpassie dat hulle die ateljee agterna moet uitmop nie, al klink jou naam soos biltong.

Jy vat ook nie Bread se delikate “Everything I own” en gaan pomp dit uit met ‘n lekker gemoedelik / lokaal / rustige basghitaartjie / fluitjie / drommetjie nie, al is jy ‘n boy met die naam Jors.

‘n Mens toon die nodige respekte.

7 antwoorde op Tog gegrief

  1. Berwick het gesê op Julie 30, 2009

    Well said.

  2. icysparx het gesê op Julie 30, 2009

    Stem.

  3. Janklaas het gesê op Julie 30, 2009

    Kwaai.

  4. Janklaas het gesê op Julie 30, 2009

    Ta.

  5. Janklaas het gesê op Julie 30, 2009

    Yes!

    Tensy jy wragtag weet wat jy doen. En gelukkig is daar darem ook sulkes.

  6. Berwick het gesê op Julie 31, 2009

    Maar wanneer iemand dit met respekte kan afpull en iets met ‘n eie momentum kan skep, kan dit wonderlik wees.

    Soos Jeff Buckley se weergawe van Leonard Cohen se Hallelujah, dink ek.

  7. Janklaas het gesê op Julie 31, 2009

    Baie waar.

    Ek verstaan “Can’t help falling in love” is in elk geval self afgelei van Plaisir d’amour.

    Ander songs wat goed oorgemaak is, is Something Stupid, Mony Mony, Under the Boardwalk, Great Pretender en Love is all around you.

    Ek het half gehoop ander mense bied ook bydraes, maar ek het dalk te knorrig in my oordeel geklink!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.