Al die veld is olik

Julie 29, 2009 in Sonder kategorie

“Hmm,” sê die medisyneman. “Hmm,” en lig sy swaar kop op.

My hart bons besorg. Is dit griep? Is dit varkgriep? Of, nog erger, want dit klink erg pynlik, is dit voëlgriep?

“Jy het bosluiskoors,” sê die man.

Bosluiskoors! Dis nou wat ek oorhet van ‘n heerlike naweek se stap, sterrekyk en ontspan in die pragtige Oos-Kaapse boswêreld.

Dit verklaar ook die seer-jeukende kolletjies op ‘n paar strategiese plekke.

Die medisyneman lig sy staf op en verklaar: “En jy mag vir sewe dae geen werk doen nie. Nie jy of jou os of jou esel nie.”

Brilliant! dag ek. As ek nou net verby hierdie bakleiende impi’s in my kop kan kyk, die geswelde kliere, jeukplekke en die sweet en die walpurgisnagte, is die korttermynvooruitsigte eintlik erg prettig.

So, verskoon maar as julle vir ‘n paar dae stadiger sal moet lees omdat ek so stadig moet tik. Janklaas is op ‘n go-slow strike.

14 antwoorde op Al die veld is olik

  1. net myself het gesê op Julie 29, 2009

    ek is jammer jy is siek maar jy vertel dit so oulik vir ons. ek sien die dokter met sy houtstaf en sy tiervel-broekie aan wat dollosse gooi vir jou. sterkte, ek hoop die siekte wyk gou. en geniet die noodgedwonge af-tyd so tussendeur die siekte.

  2. armadillo het gesê op Julie 29, 2009

    smile.

  3. Janklaas het gesê op Julie 29, 2009

    Dankie, NM. Ek hoef ook nie meer te eet nie. Ek het ‘n diepbord vol pille.

  4. Ag Nee! Shame ek hoop jy word gou beter Janklaas!

  5. adup het gesê op Julie 29, 2009

    Nie ‘n lekker siekte om te he nie, sterkte

  6. Janklaas het gesê op Julie 29, 2009

    Hoe?

  7. Janklaas het gesê op Julie 29, 2009

    Dankie, Tweeling.

  8. Janklaas het gesê op Julie 29, 2009

    Dankie Kriek. Die pille lei my darem na waters waar rus is…

  9. Trakie het gesê op Julie 29, 2009

    S – t – e – r – k – t – e

  10. borrels het gesê op Julie 29, 2009

    Voel gou beter!

  11. Berwick het gesê op Julie 29, 2009

    Goed gaan, Janklaas.

  12. Janklaas het gesê op Julie 30, 2009

    D-a-n-k-i-e.-.-.

  13. Janklaas het gesê op Julie 30, 2009

    Dankie Borrels!

  14. Janklaas het gesê op Julie 30, 2009

    Baie dankie, Berwick.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.