Walpurgisnacht

Julie 28, 2009 in Sonder kategorie

Ek het nie ‘n kloe wat hierdie woord beteken nie. Maar, dit het daai regte soort bloeddorstige klank van ‘n Wagneropera en donderweer. Dit is dus presies die regte woord wat ek nou nodig het, mits julle in gedagte hou dat ek iets grusaams en duisters daarmee bedoel..

Ek het laasnag ‘n walpurgisnacht beleef.

Ek het in sweet en koue rondgerol, by die stadsliggies van die hel verbygeloop, en soos ‘n vis in die woestyn die droë lug gehap-hap onder die eindelose klanke van Rihanna se Disturbia.

Ek vermoed ek het griep. So, moenie inasem terwyl julle hier lees nie.

9 antwoorde op Walpurgisnacht

  1. armadillo het gesê op Julie 28, 2009

    smile.

  2. net myself het gesê op Julie 28, 2009

    (ek hol gou-gou weg voor ek wéér siek raak.)

  3. Ek het gemasker gekom, jy weet met al die goed wat rond hang en gaan is ek maar skrikerig! Hoop jy voel gou beter!

  4. Janklaas het gesê op Julie 28, 2009

    Huh.

  5. Janklaas het gesê op Julie 28, 2009

    Chicken…

  6. Janklaas het gesê op Julie 28, 2009

    Klink omtrent reg.

  7. Janklaas het gesê op Julie 28, 2009

    Janee, daai musiek kan stuipe veroorsaak.

  8. Janklaas het gesê op Julie 28, 2009

    So, dis jy wat my so uitgefreak het met jou masker! Een spook sorted.

  9. net myself het gesê op Julie 29, 2009

    cockadoodeldoo…

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.