En ver

Julie 27, 2009 in Sonder kategorie

Wat kan ek nou nog sê?
Sy weet, sy weet hoe na sy lê
aan ek en myne
en so baie wat ek self nie ken nie.
Sy’s nou weer sy,
en nie meer deel
van my smal heelal.

Ek weet, ek weet, ek weet
sy is daar…
Ek reik, ek gryp, ek tas na haar,
maar selfs téénaan haar
is my arms te kort
om haar aan te raak
en in my word
‘n lamp ‘n vlam wat brand en brand
aan my, en foto’s teen die wand

3 antwoorde op En ver

  1. Ai dis pragtig Janklaas!

  2. Janklaas het gesê op Julie 27, 2009

    Gelukkig tye lank verby.

  3. Janklaas het gesê op Julie 27, 2009

    Dankie, liewe Tweeling.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.