Wysgeer Riaan

Julie 22, 2009 in Sonder kategorie

Weereens ‘n koerant-kwessie.

Ons is ver heen op die pad van groei as ons ons volks-wysgere uit die geledere van ons sangers kies. Steve, Chris Chameleon, Koos Kombuis is so min of meer blykbaar die ghoeroes van ons tyd, as ‘n mens kyk na die prominensie wat hulle kry.

Uit my eie bloggery het ek agtergekom dis verslawend om jou eie opinies so uit te sproei. ‘n Mens begin jouself selfs mettertyd glo!

Een van hierdie neo-wysgere is Riaan van Heerden. Hy weet te vertel dat saamwoon noodsaaklik is voor die huwelik, sodat jy as’t ware weet waarvoor jy jou inlaat as jy dan eindelik trou.

Dis so half sêd as dit waar moet wees. Sou twee geesgenote by mekaar uitkom, lief wees vir mekaar en hulle gesonde verstand gebruik om die ander se leefwyse te verstaan, moet hulle eers die vereiste drie jaar Riaandiens doen voor hulle kan trou. Intussen belê die meisie haar opsies in hierdie man, terwyl die jafel skadeloos ‘n nuwe eksemplaar kan gaan uitneem sodra sy diensjare verby is. En, as daar dalk ‘n kind uit hierdie diens gebore is, is dit maar die moeder se probleem.

Ek dink my probleem is met sy premis dat vertroudheid met die ander se leefwyse die grootste bydraer is tot huweliksukses. Na my mening is daar nog ‘n horde ander faktore ook wat verhoudinge kan verongeluk, soos werksomstandighede, verleidinge, stres, finansies en persoonlikheidsgroei wat net so ‘n swaar rol speel en wat selfs nog met die kan gebeur wat hulle verpligte diensjare oorleef het.

Ennieway, nou voel ek ook beter.

6 antwoorde op Wysgeer Riaan

  1. Petey het gesê op Julie 22, 2009

    Jy maak ‘n baie goeie punt…die een van dat die ou soort van ‘n ‘freebie’ kry en net sy goed kan pak wanneeer hy lus voel.

    Ek en my vroutjie het vir vier jaar lank saam gebly, voor ons getroud is. Ek is bly ons het, want ek kon met meer vertroue in die huwelik tree en glo dat ek met haar kon saamleef 😉

    Maar, indien die ou sy goedjies sou pak net voor die tyd om is, sê ek die meisie is beter af…wil sy regtig by iemand bly wat haar op die laaste oomblik in die steek gaan laat?

  2. Okay……jy is reg ongelukkig raak ons saamelewing al hoe sieker….

  3. Janklaas het gesê op Julie 22, 2009

    Geldige punt. Tensy sy stuck is met ‘n baba en sonder inkomste.

  4. Janklaas het gesê op Julie 22, 2009

    Verwys jy nou na die ghoeroes of die saamblyverpligting? 😉

  5. Petey het gesê op Julie 22, 2009

    Ja, natuurlik! Ongelukkig is ons al reeds een van die lande met die hoogste syfer van enkel-ouers.

    Daar is meer enkel-ouer huisgesinne in ons land as andersom.

    🙁

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.