Waterpoetse
Julie 14, 2009 in Sonder kategorie
Dit wil ek niemand toewens nie.
Hier sit ek so pas rustig, in die stilte van ‘n reënerige nanag en blogs opvang, toe die huis se deurklokkie skielik g’n tien tree van my af nie, dringend aan die lui gaan. Herhaaldelik.
Plak die laptop neer, val oor die kabel, struikel ook oor ‘n bekommerde Jack Russell, skakel die buitelig aan, en…
Niks.
Dank Vader.
Pluk die battery uit en ruk amper die gedoentetjie uit sy montering uit, voor vroulief wakker word.
Blykbaar waai die wind nou water in die knoppie in. Sal iets daaraan moet doen.
My hart sal dit nie weer hou nie. Veral nie as ander bloggers skryf van spoke in hulle vensters of as die wind hoeka die stoepdak elke nou en dan skielik laat klap-klap nie.
Verskoon die bewerige tikwerk…
icysparx het gesê op Julie 14, 2009
Spook, spook, hoe laat is dit??
loudavisi het gesê op Julie 14, 2009
Genugtig!
eiewys-gekkigheid het gesê op Julie 14, 2009
LOL Janklaas dan moet jy liefs die klokkie reg maak.
Aproqueen het gesê op Julie 14, 2009
BOE!!! Oeps… danki vi die sterrekies… te pragtig…
net myself het gesê op Julie 14, 2009
wou sê ek sukkel om te lees aan die lettertjies wat so rond-ritteltit. ek is self doodbang vir spoke, en modderkoekie se spook-foto spook by my.
Janklaas het gesê op Julie 14, 2009
Op my nuwe lazyboy? Dit was aaamper…
Janklaas het gesê op Julie 14, 2009
Ook net jy wat op so onmoontlike tyd kan tyd vra! Ons mense slaap nog.
Janklaas het gesê op Julie 14, 2009
Ek gaan vandag nie aan daai klokkie vat nie.
Janklaas het gesê op Julie 14, 2009
Pilsier!
Janklaas het gesê op Julie 14, 2009
Ja né, ek het eers gedag dis ‘n hoflike inbreker, maar toe ek die niks sien TERWYL DIE KLOKKIE LUI het my nekhare gerys.
modderkoekie het gesê op Julie 14, 2009
Hmmmm,kan ‘n neukery wees ja.Ek wil nie eers op die oomblik regtig dink oor wat nou eintlik in die verdieping bo my ‘bly’nie.Ek maak nog sin van alles.Dis baie weird.
net myself het gesê op Julie 14, 2009
hoflike inbreker! goeie een.
Berwick het gesê op Julie 14, 2009
🙂
borrels het gesê op Julie 14, 2009
Hi Janklaas … het jou amper vandag agter jou kantoortafel kom uithaal. Maar ek was te verdwaal. Verloor mos toe my pad in Summerstrand … eish, was g’n grap nie. Het darem die universiteit en casino gekry, maar die Prof se huis … was ‘n totaal ander storie 🙁
Janklaas het gesê op Julie 15, 2009
Dalk is dit tog Pik. Kyk of hy whisky drink.
Janklaas het gesê op Julie 15, 2009
Ek soek hom self.
Janklaas het gesê op Julie 15, 2009
So far so good…
Janklaas het gesê op Julie 15, 2009
En hou op Sewende Laan kyk.
cnnazmij het gesê op Mei 6, 2022
purchase modafinil pill buy modafinil 100mg online cheap modafinil brand
wpicnxoh het gesê op Mei 6, 2022
order generic modafinil buy provigil 200mg order modafinil 100mg for sale
pgslowzl het gesê op Mei 12, 2022
purchase provigil pill generic modafinil 100mg
pquxfdrm het gesê op Junie 4, 2022
erythromycin spectrum erythromycin 250mg tablets
mbsmqpwd het gesê op Junie 15, 2022
https://www.hydroxychloroquinex.com/ buy plaquenil usa