Karoo toe!

April 28, 2009 in Sonder kategorie

Sien so uit – gaan weer hierdie naweek Prins Albert toe. Hoe klink die liedjie – “daar waar jy vry kan asemhaal”…

Daar waar die sterre hulle gat af skyn. Klink ongelukkig of dit bewolk gaan wees. Die kuierplaas het ‘n moerse 18-duim teleskoop waarmee jy jou eie agterkop kan sien in die donkerswart skitterlug, as jy mooi kyk.

Maar, gun hulle die reën na vyf jaar se droog. Hulle moes hoeka die skape van die plaas af verkoop.

Verlede jaar het ek ‘n fossiel daar opgetel, amper so oud soos Nelson Mandela. Een of ander skedel met tande (soos Nelson Mandela). Dok Jurie van den Heever reken dis niks watwonders nie – die goed is volop daar. Ek het nogtans gedink ek is kaas.

Dis ook Olyffees. By die fees is die vrou wat ek moes getrou het se stalletjie, reg uit die Hel. Man, daardie vrou kan afval maak! Ek het myself laasjaar loopmaag gevreet aan die goed. En konfyt, en droëvrugte, en, en, en…

Daar is selfs olywe. Who cares?

6 antwoorde op Karoo toe!

  1. Klink lekker maar hou maar die afval ek laaik dit nie!

  2. Neander het gesê op April 28, 2009

    Jan, jy het iets bereik wat ek nog wou doen, fossiele optel, geluk maat. Ek het darem al ‘n 180 m jaar ou soogdieragtige fossiel Lystrosaurus oopgeboor. Ek ken ook vir Jurie.

  3. Janklaas het gesê op April 29, 2009

    …of tannie Edith Venter…

  4. Janklaas het gesê op April 29, 2009

    Bietjie jou belangstellings bekyk en lyk my ons sal lekker kan gesels. Die fossiel was op ‘n hoop klippe langs ‘n kampie, so ongelukkig het ‘n mens blykbaar die plek-konteks verloor.

  5. Janklaas het gesê op April 29, 2009

    My vrou ook nie, d.w.s. geen afval in die huis. Een van die groot tragedies in my lewe…

  6. borrels het gesê op Mei 2, 2009

    Geniet jou naweek.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.