Graadvang
April 20, 2009 in Sonder kategorie
Ek raak sentimenteel by ‘n gradeplegtigheid. Die gesiggies is vars en hoopvol. Die ouers kom van bitter ver – hulle drome en hulle geld het uiteidelik tot vervulling gekom. Party moes geweldig opoffer, baie het geleen en gaan nog lank terugbetaal aan banke, vriende, familie.
So sit hulle ‘n saal vol. Elkeen droom van ‘n werk en ‘n loopbaan.
Ek wens mens kon die werklikheid nog so ‘n rukkie van hulle af weghou.
eiewys-gekkigheid het gesê op April 20, 2009
Oeg ja daai is nogal ‘n teer punt, die werklikheid!
Janklaas het gesê op April 21, 2009
Dis ‘n plek waarvan ek probeer wegbly.
net myself het gesê op April 21, 2009
janee, dit tref mens baie hard na jou studies. Wens mens kon eers grootword, en dan gaan studeer.
Janklaas het gesê op April 21, 2009
Ek weet eintlik nou nog nie wat ek wil doen nie. En ek is 54.
Creme-Soda-Junky het gesê op April 22, 2009
Ek het nogal dieselfde gevoel gehad toe ek in Maart by my eie gradeplegtigheid was. (Ek werk al ‘n ruk en het verder geswot deur die pos.) Hulle is almal so opgewonde en neem foto’s vir ‘n vale. Toe het ek in my binneste gedink: “Weet julle wat wag op julle?” Ek onthou nog toe ek die eerste keer daar gesit het…al die drome, die planne . . ..
Janklaas het gesê op April 24, 2009
En baie keer loop die pad sommer in elk geval ‘n dwars koers van daar af.