‘Transformation’
April 19, 2009 in Sonder kategorie
Hierdie was my bitter opinie oor die logiese uiteinde van SASCO se destydse aandrang op “transformation” van die Vaaldriehoek se PUK-kampus. Parallelle kwinte is een van die eienskappe van Afrikamusiek.
Getransformeer
Fors
En onuitgedaag groei gras.
Breek dit deur barste en
kraak ou monoliete,
bedek dit bloed en bene.
Hipnoties
galm parallelle kwinte
om groteske ruïnes,
vars hernoem na nuwe helde.
Meedoënloos
herower Afrika homself.
abrham het gesê op April 19, 2009
herower soos in verkrag?
Janklaas het gesê op April 19, 2009
Ouch