Pleknaam-woordeboek
April 18, 2009 in Sonder kategorie
Raai wie was weer verveeld vanmiddag.
Belabela: aandrang om moeder te skakel
Balfour: wetenskaplike term vir persoon wat goed kan konkel
Brackenfell: soort pels, bekend in Despatch, Manenberg en Danville.
Tshipise: laatnag-aartappelskyfies
Elgin: Spaanse jenewer
Eshowe: instrument wat in Zoeloekultuur gebruik word om vigs af te weer.
Gobabeb: Uitspraak van “Hoe gaan dit?” na besoek aan tandarts
Gompies: hoë viskositeit urine
Gouritsmond: Verteller wat vinnig bontspring van een onderwerp na ‘n ander.
Hanover: versoek wat tipies deur motorkapers uitgespreek word
Hermanus: hardlywigheid a.g.v. verstopping van dikderm
Kakamas: ablusiepaal vir honde aan die kant van ‘n tuin
Mabopane: aanduiding dat moeder nie bereid is om herstelwerkies te verrig nie
Mpumalanga: toestemming om meer tyd in die toilet deur te bring
Mtubatuba: iemand wat die vermoë het om baie diep buikwinde voort te bring
Okiep: hoendervleis wat verby die vervaldatum is
Tosca: Motor wat nie aan verwagtinge voldoen nie
Tshwane: term vir ‘n tipe wraaksugtige, of kleingeestige aksie
aixo het gesê op April 19, 2009
uhm , bleddie goed
Janklaas het gesê op April 24, 2009
Nog een bygedink:
Tongaat: welbedeelde agterstewe
Janklaas het gesê op April 26, 2009
Umtata: jou ma se besonder blas broer