Kragteloos en ontaard

April 18, 2009 in Sonder kategorie

Gisteraand vyfuur gaan die krag af. Iemand het blykbaar staal van ‘n kragpaal gesteel en dit het omgeval. Sal dalk eers teen sesuur die oggend herstel wees.

O gaats, wat doen ons met onsself heelaand? Hoe hou ons woelige matriekdogter besig? Hoe kyk ons Sewende Laan? Wat van ons planne om te gaan fliek, noudat die fliek ook donker is?

Koop toe maar braaivleis, steek kerse aan, sit batterye in die radio. Ontdek daar is krieket.

Wat ‘n heerlike aand was dit toe! Ons het heerlik in die soel herfsaandlug sit en braai, die krieket geniet, gesels en kalm in daardie halfdroomtoestand gesit wat kampvuurtjies en kerslig geneig is om te versoorsaak. Selfs die kitaar uitgepluk en ‘n paar weemoedige songs oor die Oos-Kaapse stiltes laat weerklink.

Ons oorweeg nou ‘n nuwe agenda vir Vrydagaande.

2 antwoorde op Kragteloos en ontaard

  1. jjanajj het gesê op April 20, 2009

    ek het dit ook vrydagaand beleef. ons was by barneys by die see. die oomblik van donkerte. maar almal bly drink. en krieket kyk, so met die krag van ‘n opwekker.

  2. Janklaas het gesê op April 20, 2009

    Net so ‘n klipgooi van my af. Jammer die flieks het nie ‘n opwekker gehad nie…

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.