Skip to content

Moeder & Maat

My moeder-liefde maat,
nimmer sal ek vergeet
nooit sal ek die plek van jou
en jou glimlag
en jou manier van wees
ontein of veruil nie.

Die dae en nagte waarin jy
vir my ,broer en suster
in bloed sweet vuur omhul het
in puure liefde, in besotte lewe
in voete op vaste afrika gronde.
Moeder Liefde Maat.

Nee wat jong!
Die huis en wereld om, sal jou dreunende
warm-sagte-harde, stem nog hoor.
Die son-verbloeide-velde jou asem nog dra,
die grond, die klop klop van jou voete
nog eggo.

Ek, broer en suster,
vir ‘n leeftyd, en nog n bietjie ektra,
na jou lieflike moederlike, warm-sagte-harde,
vashou , druk en soen
soek en vind.

Moeder-liefde-maat ons almal hier is, wie ons,
ter danke aan jou.

Leave a Reply

%d bloggers like this:
Skip to toolbar