Skip to content

Portret van ‘n doos

Dis ‘n selfportret van ‘n doos:
dis jou ma se naam op my arm en jou
pa se oog onder my fingernael.
Dis die fokkol voel en die bid vir die dood,
terwyl ek die waaksinnige golf van jou glimlag ry.

Ry ek die kak uit jou, en jou smart uit my.
Dis toe ons nog mekaar geken het,
toe jy nog oorgekom het vir “tee”.
Toe ek jou plesier teen die dakke,
hoor,
voel
en skree.

Dis die luister na sinne van oud
en die sosialistiese weerkaatsings van nuut ,
dis die haat van jou riet-slet-lyf.
Terwyl ek woorde oor jou en hom skryf.

Dis my bierpens
wat, somehow besluit het om te ontwikkel.
Die kierie en my sielkundige huppel.
Dis die eenigste menslike interaksie:
wat ek deur die foon, van call centres kry,
asook waneer ek mense snags in my drome vry.

Dis die fok wat ek vir die samelewing voel,
terwyl julle almal verdrink in julle eie piss-poel.
Dis ek, en die is ‘n self-portret
van ‘n doos.

Leave a Reply

%d bloggers like this:
Skip to toolbar