Skip to content

Koffie onder die son? – 3/7

As ek weer die duiwel raak loop:
En my bebloede vinger op kontrak doop.
Sal ek vir die ou man sê:
dat ek met my maats wil jonk bly,
die wereled om koekeloer,
en tok-tokkie speel terwyl ons tyd soos
amptenare steel.

Maar daar is meer aan ons
as die menslike spons,
daarom
is dit ook in bloed gebond dat ek
jou in elke lewe weer sal vind.

Hy skryf die kontrak
op die mure en glase van al die stede.
Merkers op ‘n voetpad
wat net ek en jy kan volg.

Stemme in die wind.
Vuil papier sakke op die grond:
Boemelaars wat rigting gee.

Hoe klink ‘n koppie koffie onder die son nou?

(Aan Johke Steenkamp, 3/7)

Leave a Reply

%d bloggers like this:
Skip to toolbar