Skip to content

Winter Dag

Toe ons nog soos dwaase teen mure geskryf het:
Die son goud en warm teen my bleke-winter’s vel.
Die lug, skerp en blou, jou vlokkies hare,
al wat ek wil onthou.

Dié bloed wat toe
deur my skoon long gevlug het
na my hart
en nou na
my koue winter’s voete
in smart.

Leë mossie-modderhuisies,
op ysige winters plaashuis stoep.
Hoor ek jou stem wat deur die
winde roep.

Uit my verblinde oogs baken:
Soek ek jou onder die dowwe grys lig
van beds laken.
Voel my voete koud en alleen in my bed,
op dié kak winter’s dag.

Leave a Reply

%d bloggers like this:
Skip to toolbar