Skip to content

Takmonster

Iets begin stadig sluip in die donker-gange:
van ons agter-gedagtes. Die twyfel-siekte
neem stadig oor, terwyl die rillings klim.

My asem koud en nat teen die oog van die huis,
wat buiten toe loer. Ek het iets gesien beweeg!
Iets wat lyk of dit sweef!

Die takmonster koekeloer van die hoek van my hoof.
CLICK!
Iemand sit iets op die stoof.

Die lig:
Illumineer die mure van mykamer.
Weerkaats teen die sagte wit kussings,
wat horisontaal en vertikaal verspiëel.

Dis PILLE TYD VIR MY.

Leave a Reply

%d bloggers like this:
Skip to toolbar