Skip to content

Sien jou nou nou

Jy’t vrou geword en nou
moet ek laat die winde van tyd
tussen ons wonde waai
en gesond maak.

vir ‘n oogwink, ‘n omblik
moet ek terugstaan:
Sodat jy jouself weer kan vind,
en hoopelik in jou vrouwees,
tussen die bome onder matroosberg son,
langs my weer kom sit
om die vuur van ons liefde:

Met nuwe hout te stook.

Leave a Reply

%d bloggers like this:
Skip to toolbar