Skip to content

Towernaar

Moedeloos staar ek na die bloute:
voel ek die selde melancholie
wat ek deur die bloed vuur van geboorte
van ma af gekry het.

En ietwat dink ek, ek’t my krag verloor,
my manier van woorde toor.
Het saam met die swart hond wat
aan my siel eet verdwyn.

Nie net seer nie, maar die eweige pyn.
Het ek geerf, sodat jy ten minste die lewe,
in manier, deur die skeur van my geboorte
kon veg en jou seer verdeel in stukkies mens.

En al is ek nie meer kind, wat towerspel op skree in die wind,
het ons albei die selde naels wat aan ons klou,
tot die dag tot ons asem ophou.

Leave a Reply

%d bloggers like this:
Skip to toolbar